
Die gewilde SPAR Wedloop vir Vroue-reeks vind vanjaar virtueel plaas.
Tesame met die virtuele wedloop het SPAR aangekondig dat hulle ook die gesogte SPAR Grand Prix-uitnodigingsreeks terugbring, wat die nodige ondersteuning aan Suid-Afrikaanse professionele vroulike hardlopers bied.
Aanlyn inskrywings vir die virtuele wedloop is nou oop. SPAR nooi vroue van oor die land heen om op Saterdag 4 September enige tyd tussen 06:00 en 18:00 (onderhewig aan die regering se inperkingsregulasies) aan hierdie wedloop deel te neem. Deelnemers kan die wedloop teen hul eie pas hardloop, draf of stap, enige plek in Suid-Afrika. Omdat die wedloop virtueel aangebied word, kan jy dit selfs op 'n trapmeul doen!
Die doel van die 2021 SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue is om 'n teenmiddel vir Covid-19-tamheid en die swaarmoedigheid te wees wat baie Suid-Afrikaners weens die inperkings voel. Vanjaar se tema is #LiveLimitless. Die organiseerders doen 'n beroep op vroue om te besef hoeveel struikelblokke hulle oorkom het, ondanks die inperkings en beperkings waarmee ons die afgelope jaar moes saamleef.
"Terwyl die wêreld voortgaan om met die Covid-19-pandemie te worstel, vra ons dat jy sover moontlik 'n onbeperkte lewe lei. Ons het die afgelope jaar soveel dinge gedoen en ervaar wat ons nooit gedink het moontlik is nie," sê Alison Zweers, besturende direkteur van SPAR Wes-Kaap en Namibië.
"Ons sien daarna uit om aanlyn te kyk hoe almal op hul onderskeie maniere die wedloop op 4 September voltooi. Moet dus nie vergeet om jou ervarings met ons te deel nie. Ons versoek alle vroue om in te skryf en deel te neem. Neem 'n bietjie tyd vir jouself om te besin oor die vasberadenheid wat ons sedert die begin van die pandemie getoon het," sê Zweers.

Inskrywings vir die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue kos R60. As deel van die inskrywingsgeld sal elke deelnemer 'n virtuele wedlooppakkie ontvang. Die pakkie bestaan uit 'n amptelike wedloop-T-hemp, toegang tot die digitale tydskrif My Virtual Challenge, 'n nekbof en medalje.
Die SPAR Wedloop vir Vroue-reeks het nog elke jaar 'n liefdadigheidsorganisasie ondersteun wat met vroue vereenselwig word. SPAR sal vanjaar, vir elke inskrywing wat ontvang word, 'n pak sanitêre doekies aan minderbevoorregte skoolmeisies skenk. Dit sal deur hul Petals-projek versprei word, in vennootskap met verskeie liefdadigheidsorganisasies landwyd.
Daar is vele maniere om aanlyn deel van die pret te wees. Deelnemers kan die amptelike wedloopwebwerf besoek om hul eie wedloopnommer en eindstreep-sertifikaat te genereer.
Gebruik #LiveLimitless, #SPARVirtualChallenge en #Caring4Girls wanneer jy jou deelname op sosiale media deel en om lid te wees van die aanlyn gemeenskap.
Besoek hier die wedloop se webwerfen vind hier uit hoe om in te skryf. Inskrywings is beperk tot 75 000 deelnemers. Skryf dus vroegtydig in om teleurstelling te voorkom.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.












