Promosie

Stook die feesvuur

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die toekoms van die kunste was nog altyd in kunsliefhebbers se hande. Só kan jy ons help om weer 'n Woordfees in die vlees te hou.

In 2020 was die Toyota US Woordfees die laaste kunstefees wat kon plaasvind voor die grendeltyd.

Die fees het op 15 Maart geëindig en op 26 Maart om middernag het die noodsaaklike Covid-19-inperkings alle feesligte uitgedoof.

Die kunstebedryf kon nog nie sedertdien herstel nie.

Vanjaar kan almal met toegang tot DStv-kanaal 150 die volle Woordfees op TV ervaar. Dis vir ons 'n geweldige plesier en voorreg om skrywers en boeke, teater, musiek, kuns, dans en aktuele gesprekke na jou huis te bring en ons hoop jy geniet dit terdeë.

Maar die TV-model het een noodwendige nadeel: Gewoonlik maak die inkomste uit kaartjieverkope 'n kritieke persentasie uit van die begroting wat ons nodig het om in die jaar daarna weer 'n fees te kan aanbied.

Ons hoop ons sal mekaar weer in lewende lywe in 2022 vir 'n Woordfees in Stellenbosch kan ontmoet, maar al word die inperkingsregulasies opgehef, sal ons geld nodig hê om die fees te finansier en die deelnemende kunstenaars te betaal.

Ons hoofborge - Toyota, Universiteit Stellenbosch, kykNET en Media24 - het ons getrou deur hierdie moeilike tyd ondersteun en ons weet ons lojale en vrygewige gehoor sal dieselfde doen indien hulle die geleentheid gegun word.

(SYSTEM)

Skenk asseblief 'n kaartjie aan die Toyota US Woordfees-veldtog. Verlede jaar het ons 'n 100 000 kaartjies verkoop. Ons eerste kaartjie ter ondersteuning van die Toyota US Woordfees is op 2 September geskenk.

Help ons om van 1 tot by 100 000 te kom deur een kaartjie of soveel as wat jy kan bekostig te skenk via Quicket of deur gebruik te maak van die QR-kode op hierdie blad.

Totdat ons mekaar weer in Stellenbosch sien, sê ons hartlik dankie vir jou ondersteuning.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM