
Pret, oefening, water-blaaskanse en pryse - en dit als op die perfekte ritme en vloei van die gewilde DJ Miss Bee. Saturday Night Fitness was perfek beplan om die hoogtepunte en rustiger oomblikke op die regte tye te bereik, met die deelnemers wat ingestroom het toe die hekke om 14:30 oopmaak, en die atmosfeer wat opgebou het na die 16:30-opwarming met Ceri en Lydia Hannan. Die MC, Siv Ngesi, het die skare laat gees vang en momentum kry, en MoniqueFit het toe oorgeneem met 'n tawwer-as-taf HIIT-sessie wat almal uitasem laat blaas het. Die waterpouse het net betyds gekom!
Gelukkig het Nathi Thee Zulu Yogi toe voortgegaan om 'n sonsondergang-jogasessie aan te bied wat pure zen was en al die kloppende harte gekalmeer het: "Nie eens 'n briesie nie, dit was 'n absoluut perfekte aand en 'n onvergeetlike jogasessie, met die lug wat teen skemertyd verkleur," het een deelnemer gesê.

Dit was seker die rustigste deel van die aand, want waterpouses was ook spitstyd vir prysuitdelings - en inkopies! Die borge het die groot kanonne gebring, met MR Price Sport wat 'n totaal van R10 000 kontant weggegee het aan verskeie dames wat met hul Maxed Factor gepronk het. By die Mr Price Sport-opwipwinkel het fiksheidsverslaafdes hulself bederf met nuwe jogamatte, sonbrille, waterbottels en meer.
Mitchum het deelnemers getoets met 'n fynmotoriese uitdaging wat wenners met Mitchum-geskenkpakke bekroon het, terwyl Stanley en Solal ook produkte en gelukspakke weggegee het. Verskeie handelsmerke het stalletjies gehad waar hul produkte gedemonstreer en verkoop is: African Extracts, Kotex en Huletts Equisweet. Dis bo en behalwe die geskenksakke wat almal huis toe geneem het - ter waarde van meer as R1 000!

Ná die joga het die aand na 'n hoër rat oorgeskakel met 'n Fight with Dynamite-klas deur Yolanda Sokhela, 'n gluteus maximus-oefensessie met Chunky Phiri en daarna die groot hoogtepunt: 'n intense, hoë-energie-, motiverende en super-prettige danssessie met Fitness Icon.
DJ Miss Bee het verder bygedra tot die atmosfeer met nie net die polsende ritmes nie, maar ook haar vrolike persoonlikheid op die verhoog, en toe die aand net ná 20:00 tot 'n einde kom, was dit duidelik almal het gelukkiger, gesonder en gereed vir die pragtige somer wat voorlê huis toe gekeer.
Aan almal wat by ons aangesluit het - DANKIE dat julle deel is van ons fikse familie. Sien jou by die volgende een!














