Promosie

Die storie van rooibostee – en al sy wonderlike gesondheidsvoordele

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Rooibostee kom al 'n lang pad. Dis nie net meer 'n ontspannende drankie om met (tradisioneel) warm melk en heuning of suiker te geniet nie. Vandag geniet ons dit warm of koud, met heerlike geure en supervoedsel-bestanddele wat die gesondheidsvoordele wat rooibos het, selfs verder uitbrei. Daarby het rooibos nou die eerste kos uit Afrika geword om die status van Geografiese Indikasie (GI) te ontvang volgens Regulasie (EU) Nr 1151/2021, wat dit 'n beskermde area van ontstaan (Protected Destination of Origin, of PDO) gee. Dit beteken 'n produk kan dus slegs rooibos genoem word as dit van hierdie spesifieke area in Suid-Afrika kom.

Modegiere vir 2022 het aangedui namiddagtee is nou die nuwe ‘happy hour' - nie net oor al die gesondheidsvoordele nie, maar ook oor hoe mooi en glansryk jy dit kan vertoon. Carmién Rooibos het alles wat jy nodig het om dié gier na te streef: van botaniese jenewer tot ystee wat voorgesit word in pragtige dubbelwand glase en glasteepotte.

Gesondheid eerste

Of jy nou van tee hou of nie, niemand kan stry oor die gesondheidsvoordele van rooibos nie:

  • Rooibos verminder stres en angs en kalmeer die senuweestelsel.
  • Dit bevorder hartgesondheid en help om bloedglukose- en suikervlakke bestendig te hou.
  • Dit bevat kankerbevegtende kenmerke wat deur navorsing wat op diere gedoen is bewys het.
  • Rooibos kan bydra tot die verligting van allergieë soos asma en hooikoors.
  • Dit verlig verteringsprobleme soos naarheid, sooibrand, maagsere en hardlywigheid.
  • Dit is antispasmodies en werk koliek in babas teë.
  • Rooibos kan veltoestande soos jeukerigheid, sonbrand, veluitslag as gevolg van doeke, sowel as ekseem verlig as jy dit direk op die vel aanwend.

Groen rooibos, die superrooibos

Groen rooibos is welbekend vir groter gesondheidsvoordele omdat dit hoër vlakke van anti-oksidant (as gefermenteerde rooibos) bevat, wat jou immuunsisteem aanhelp en beskou word as 'n kalmerende middel vir volwassenes en kinders, veral hiperaktiewe kinders.

Maar werk dit werklik? Wel, in 'n onlangse studie by die Universiteit Stellenbosch, is daar bevind dat ongefermenteerde/groen rooibos verskeie gesondheidsvoordele inhou, waarvan een is om angs te verminder.

Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Professor Carine Smith, wat aan die hoof staan van die Mediese Navorsingslaboratoriums by Stellenbosch se FMHS, sê groen rooibos het anxiolitiese eienskappe, wat angs kan voorkom of verminder. Dit maak groen rooibos selfs meer aanloklik as 'n daaglikse aanvulling.

Die WGO het Suid-Afrika as een van die mees gespanne lande in die wereld geklassifiseer, wat dié studie selfs belangriker maak vir Suid-Afrikaners. Die studie het ook getoon rooibos kan beskou word as 'n ‘funksionele breinkos' en dat dit " 'n goeie opsie is as 'n aanvangsbestanddeel wanneer daar nuwe voedselmedisynes ontwikkel word."

Carmién-versnitte wat groen rooibos insluit:

En dis natuurlik net die puntjie van die fyn rooibos blaartjie as dit kom by Carmién- teemengsels. Hulle het 'n tee vir elke mens, enige tyd van die dag, vir elke fase van jou lewe - van babas tot kinders, mans en vroue, jonk en oud, swanger of in menopouse.

Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Die Carmién Wellness Blends (versnitte) is veral voordelig, met spesifieke supervoedsel-bestanddele wat by 'n rooibosbasis gesit word om algemene gesondheidskwale aan te spreek of te verlig:

  • Stresvermindering, ontspannende tees soos die Kiddies Sleepy Time, Relax, Orange Camomile, en Calm met CBD.
  • Verrykende, natuurlike Rooibos.
  • Nursing vir ma's wat sukkel met laktasie.
  • Boost (met vitamien C en sink) om die immuunstelsel se sel-funksionering te verbeter.
  • Energise en Cleanse om by te dra tot gewigsverlies, hongerpyne weg te hou en spysverteringskwale aan te spreek.
  • Focus, deel van die Wellness-reeks, bevorder hartgesondheid en kognitiewe gesondheid.
  • Cold Brew-tee is ideaal om gehidreer te bly, veral in die somer, en is ontwikkel om in koue water gebruik te word.
  • Die Wellness-reeks is uitgebrei tot 'n Fruit & Herbal Pyramid-reeks wat gemik is op die tee-connoisseur wat die prag en ritueel van tee geniet.

Vir die fynproewer

Die Carmién fruit & herbal infusion teas spog met topgehalte los teeblare in piramiedevormige teesakkies. Dié tee vertoon al die blomme- en kruiegeure van elke versnit. Dis beskikbaar in uniekontwerpte bokse met handgeverfde elemente. Dis die ideale geskenk om spesiale geleenthede te vier of om net jouself te bederf! En die geure is hemels: Floral Berry, Citrus Chai, Turkish Delight, Orange Camomile, Creamy Mint, Tropical Burst en die splinternuwe Zesty Lemon.

Waarvoor wag jy? Koop sommer vandag nog van hierdie wêreldklas, trots Suid-Afrikaanse produkte en nooi kalmte en gesondheid om deel van jou dag te word.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM