Promosie

Tyd stap nader vir Tyger Run/Walk!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Maak seker jy skryf betyds in vir die Tyger Run/Walk, want inskrywings sluit Sondag 13 Maart. Foto: Liam Hamer-Nel
Maak seker jy skryf betyds in vir die Tyger Run/Walk, want inskrywings sluit Sondag 13 Maart. Foto: Liam Hamer-Nel

Drafskoene word afgestof, spiere gestrek en waterbottels gevul ter voorbereiding vir die 2022 Tyger Run/Walk.

Die tyd stap vinnig nader vir vanjaar se byeenkoms en met inskrywings wat Sondag 13 Maart sluit, sal jy moet opskud indien jy aan die 6 km-pretstap of 10 km-wedloop wil deelneem.

"Ons is dankbaar dat ons vanjaar weer, ná twee jaar, 'n Tyger Run/Walk kan aanbied," sê Rikus van Rooy, stasie- en programbestuurder by Radio Tygerberg. "Hierdie is 'n besonderse gesin- en familiegeleentheid en die grootste in die noordelike voorstede."

Die wedloop voldoen aan die voorgeskrewe Covid-19-protokolle en gevolglik is inskrywings beperk. Inskrywings vir vanjaar se Tyger Run/Walk vind slegs aanlyn plaas. Jy kan sommer onmiddellik inskryf op Radio Tygerberg se tuisblad by www.radiotygerberg.co.za of by Top Events se webtuiste by www.topevents.co.za. Inskrywings kos tussen R75 en R180 vir die 10 km-wedloop en R90 per inskrywing vir die 6 km-pretstap.

Die wedloop is vanjaar ook weer deel van die Discovery Vitality-reeks. Vanjaar se liefdadigheid is die Cape Town Drug Counselling Centre. Deelnemers kan dus weet dat hulle nie net vir persoonlike gesondheid draf nie, maar terselfdertyd ook vir 'n baie goeie doel.

Deelnemers aan die 10 km-afstand spring om 06:45 weg en die 6 km om 07:15. Weens Covid-19-protokolle sal daar vanjaar nie 'n prysuitdeling plaasvind nie, maar wenners sal wel hul pryse ontvang by die Radio Tygerberg-buite-uitsendingseenheid.

Deelnemers moet 'n masker dra voordat hulle wegspring en dit na die wedloop weer opsit.

Kom geniet die grootste draf- en stapwedloop in die noordelike voorstede van Kaapstad en ervaar die Tyger Run/Walk-gees. Hierdie is 'n geleentheid en uitdaging wat jy nie wil misloop nie.

Vir verdere navrae bel gerus vir Jan-Hendrik Fourie by 0861 104 104 of 083 245 5582.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM