Augustus is Vrouemaand, met Vrouedag wat op 9 Augustus in Suid-Afrika gevier word. Die Evasgeslag speel 'n baie belangrike rol in die samelewing, dus is dit net reg dat hulle ook so dan en wan bederf word. Hier is 'n lys van produkte wat enige vrou se dag sal opkikker:
1. Aloe Unique
Aloe Unique is 'n trots Suid-Afrikaanse velsorgreeks wat die beste van oeroue, ekologies-geoeste bitteraalwyn (Aloe ferox)-plantekstrakte en gevorderde fotochemie kombineer. Die eindproduk is 'n luukse, moderne en bio-versoenbare velsorgreeks wat oeroue wysheid en moderne wetenskap saamsnoer.
Suiwer, kragtig, basies - 'n nuwe vlak van skoonheid en gesondheid wat uit die ongerepte Suid-Afrikaanse natuur ontgin word.
Bederf jouself hierdie Vrouedag en ervaar die fantastiese verskil van Aloe Unique. Bestel vandag Aloe Unique se teenveroudering oog- en liproom.
2. The Biscuitry
The Biscuitry het 'n eenvoudige liefdesverhaal: hulle is dol oor bak en wou die heerlikheid van hul produkte met ander deel. Die idee was om pragtige gebakte geskenke op te tower in die vorm van koekies, skuimpies, beskuit en biscotti - die soort gebak wat jou as kind agter jou neus aan huis toe laat hardloop het. Hul reis het wel reeds in 2009 begin, maar hulle bak steeds hul eie koekies met baie liefde en omgee. Veertien jaar later bak, versier en verpak hulle elke produk met deernis, liefde en respek vir hul erfenis, die gehaltebestanddele wat hulle gebruik en natuurlik julle - hul ondersteuners en vriende! Want soms het almal net 'n bietjie smelt-in-jou-mond vreugde nodig.
3. Le Roux Leather
Le Roux Leather se grimeersak skep 'n veilige plek vir al die los goedjies in jou handsak of tas - toiletware, grimering, juweliersware en meer. Die voering kan maklik skoonvee, dus is dit nie die einde van die wêreld as iets mors nie.
Le Roux Leather bestaan uit 'n klein werksgroep in familiebesit. Elke item word deur ambagspersone met meer as 30 jaar ervaring gesny en saamgestel, dus kan jy altyd reken op net die beste gehalte.
4. Seamfree Underwear
Op soek na die perfekte "oopmaag"-hempie vir alledaagse gebruik? Seamfree Underwear (SU) se gemaklike onopgestopte hempies is die antwoord.
Die produk spog met dié kenmerke:
• Gepaste liggaamsvorm
• Uitgeholde hals
• Uitgeholde rug
• 8% elastien en 92% nylon
• Verbeterde vogbeheer
• Raak blitsvinnig droog
• Gemaak in Suid-Afrika
Dit is beskikbaar in 'n verskeidenheid kleure.
SU se volledige reeks produkte kan op Takealot gevind word onder die handelsmerk "Seamfree Underwear". Die groottekaart is ingesluit by die beelde van elke aanbieding. Jy kan dit die beste op 'n skootrekenaar of rekenaar bekyk.
5. Watchily SmartLady-slimhorlosie
Die Watchily SmartLady-slimhorlosie laat jou toe om oproepe te maak en ontvang, asook teksboodskappe en kennisgewings te lees.
Danksy moderne tegnologie kan jy ook jou gesondheid en fiksheid monitor en verbeter.
Met talle slim-kenmerke is die Watchily SmartLady die ideale gesondheid- en fiksheidsmaat.
Natuurlik wys dit jou ook hoe laat dit is!
Dié slimhorlosie se funksies sluit in:
• Oproepe, SMS'e en kennisgewings
• Vrouegesondheid
• Oefeninge
• Monitering van jou gesondheid
• 10 dae batterykrag
• IP68 waterbestand
• 100+ horlosiegesiggies (watch faces)
6. Funky Ouma
Geur en nog meer. Met 'n dagboek vol takies en 'n klomp leë magies. Funky Ouma wil elke vrou daarbuite help om in 'n oogwink geurige etes op te tower. Hierdie blikkies heerlikheid is propvol geure van gedroogde knoffel, uievlokkies en sout wat jou etes in 'n japtrap sal opkikker. 'n Natuurlike beste vriendin vir jou en die lugbraaier!
Bestel joune vandag nog aanlyn.
7. Back to Basics Natural Deodorant
Skakel oor na Back to Basics en ontdek al die voordele van dié natuurlike reukweerder. Hierdie produk is uniek geformuleer om liggaamsreuke uit te skakel, maar is ook sag op jou vel. Bevry jouself van die bekommernisse van onderarm-irritasie, geel vlekke op jou klere en blootstelling aan chemikalieë. Geniet die langdurige varsheid en vertroue in elke ekovriendelike, herwinbare blikkie. Belê in jou gesondheid en ons planeet met Back to Basics. Ervaar 'n verandering waarvoor jou liggaam en gewete jou sal bedank.
8. Sweet Temptations Confections
Daar het so pas 'n nuwe produk uit die kombuis van die bekroonde vervaardigers van dekadente lekkernye, Sweet Temptations Confections, verskyn.
Eg volgens tradisie, is dit so reg uit ouma se kombuis. Die smelt-in-jou-mond heuningkoek is gemaak van egte plaaslike heuning en bedek met net die beste melksjokolade.
Dit is beskikbaar by uitgesoekte deli's en hul aanlyn winkel teen R45 per 100 g. Skakel gerus ook 021 851 1331 om te bestel.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerders. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.
















