
Showmaxhet onlangs 'n splinternuwe app bekendgestel en ook hope nuwe inhoud aangekondig. Hier is vyf gunstelinge omtrent dié omwenteling.
1. 'n Nuwe, verbeterde app
Die nuwe Showmax-app is vinniger, meer vaartbelyn en lyk ook mooier. Kykers kan uitsien daarna om hul gunstelinge op 'n aansienlik verbeterde platform te kyk.
Danksy 'n vennootskap met Comcast sal Showmax na 'n nuwe platform skuif wat deur Peacock - een van die grootste stroomdienste ter wêreld - ontwikkel is. Intekenare sal van 23 Januarie boodskappe begin ontvang oor die skuif na die nuwe app. Dit sal 'n maklike, moeitelose proses wees. Intekenare wat hulp benodig met die installering van die nuwe app kan Showmax se FAQ-bladsy besoek.
Die nuwe app bring jou al die vermaak sonder om jou data te verorber. As jy op 'n mobiele toestel soos 'n foon of tablet kyk, kies eenvoudig die laagste datastelling van 40MB/uur. Dit beteken jy kan vir net 2GB altesame 50 uur lank stroom.
2. Nóg meer eksklusiewe, oorspronklike inhoud
Kykers is reeds versot op reekse soos Adulting, The Wife, Spinners en Rosemary's Hitlist - almal deel van Showmax Originals. Maar die plaaslike inhoud gaan behoorlik ontplof hierdie jaar. Net in Februarie gaan Showmax 21 oorspronklike aanbiedings uitreik.
Liefhebbers van realiteits-TV kan uitsien na die terugkeer van The Real Housewives of Durban en The Mommy Club. Dan is daar nou ook die nuwe reeks Chocolate Kings, wat oor eksotiese dansers gaan, asook Widows Unveiled.
Wat drama betref, kom daar twee verwerkings van plaaslike topverkoperboeke: Angela Makholwa se reeksmoordenaar-riller Red Ink, en Catch Me A Killer, 'n internasionale samewerking gegrond op die memoires van Micki Pistorius, die eerste Suid-Afrikaner om profiele van reeksmoordenaars te skep. Daar is nog hope drama in Wyfie, 'n brutaal eerlike uitbeelding van vier student op die drempel van onafhanklikheid; Youngins, wat in 'n hoërskool afspeel; en die misdaaddrama Koek. Kykers kan ook uitsien na die plaaslik vervaardigde komedie Ekhaya Backpackers.
3. Selfs meer uitstekende internasionale inhoud
Is jy mal oor groot internasionale produksies? Danksy Showmax se vennootskap met Comcast en ooreenkomste met groot netwerke soos HBO, Paramount, Warner Bros. Discovery en meer, kan Showmax-intekenare uitsien na van die wêreld se mees gewilde kykstof.
Eerste aan die beurt is Mission Impossible: Dead Reckoning en Spider-Man: Across the Spider-Verse - twee van 2023 se 10 grootste lokettreffers.
Wat reekse betref, is daar eksklusiewe reekse soos Halo seisoen 2, regstreeks van die VSA; Lawman: Bass Reeves deur die skeppers van Yellowstone en met David Oyelowo in die hoofrol; Found, wat oor vermiste persone handel en NBC se grootste bekendstelling op Peacock tot nog toe was; asook die volledige reekse van klassieke NBC-komedies soos The Office en Parks and Recreation. Dit is ook reeds bevestig dat al die episodes van HBO se House of the Dragon en die tweede seisoen van HBO se fenomenale The Last of Us ook binnekort op Showmax te siene sal wees.

4. Sakke vol sokker
Die kern van Showmax se splinternuwe aanbod is Afrika se eerste onafhanklike Premierliga-plan vir selfone, waarmee kykers al 380 wedstryde regstreeks kan kyk teen net R60 'n maand. Showmax Premier League sal sorg dat jy nooit weer 'n Premierliga-wedstryd hoef mis te loop nie. Plus daar sal tonne interessante ekstra inhoud wees om jou op die hoogte te hou van die aksie, die syfers, en die stories agter die wedstryde.
5. Goeie pryse en pakkette
Showmax is vasbeslote om nog meer vermaak aan nog meer mense te bring as ooit tevore. Daarom is daar nou nuwe pakkette teen meer bekostigbare pryse beskikbaar.
Benewens Showmax Premier League, is daar nog twee Showmax-pakkette beskikbaar vir die intekenare in 44 Afrikalande: Showmax Entertainment Mobile teen 'n bekendstellingsprys van net R39, sowel as Showmax Entertainment, waar die maandelikse prys sak van R99 na R89 'n maand.
Jy kan ook toegang tot alles kry as jy pakkette saambondel. Kry Showmax hier.
Pryslys:
- Showmax Entertainment: R89 'n maand
- Kyk Showmax Originals, internasionale en plaaslike reekse, flieks en kinderprogramme op TV en mobiele toestelle.
- Showmax Entertainment Mobile: R39 'n maandKyk al die Showmax-inhoud op jou mobiele toestel.
- Showmax Premier League Mobile: R69 'n maand
- Al die Premierliga-wedstryde regstreeks van SuperSport, plus hoogtepunte, dokumentêre programme oor sport en meer.
- Showmax Entertainment Mobile + Showmax Premier League: R99 'n maand
- Showmax Entertainment + Showmax Premier League: R140 'n maand
Vir nog inligting, gaan na Showmax.com. Bestaande Showmax-intekenare kan e-pos verwag met instruksies hoe om vanaf Dinsdag 23 Januarie na die nuwe app oor te skakel. Nuwe intekenare kan dieselfde dag nog die nuwe app aflaai.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.
















