
Maak gereed vir 'n uitsonderlike seevaart-ervaring wat 'n wye verskeidenheid van venues en vermaak bied - en met jou eie privaat balkon as 'n bonus.
Die aankondiging dat die MSC Musica weer in 2024-'25 se somerseisoen in Suid-Afrikaanse waters gaan vaar, sorg vir groot opgewondenheid onder plaaslike aanhangers van dié maatskappy - en gaan waarskynlik ook 'n nuwe generasie geesdriftiges werf.
Daar is verskeie redes waarom die MSC Musica 'n gunsteling onder oordeelkundige reisigers is, maar die hoofrede is waarskynlik die feit dat die meeste van die kajuite 'n eie privaat balkon het.
Vir dié wat weet, is die aan- of afwesigheid van 'n balkon 'n kernfaktor in die bepaling van die gehalte van die ervaring. 'n Balkon vergroot die kajuitruimte en bied meer privaatheid. Van hier kan jy die asemrowende uitsigte oor die uitgestrekte blou van die see geniet en dit verseker ook 'n romantiese ruimte deurdrenk met die souterigheid van 'n vars seebries.
Ervare plesiervaarders is dit eens: daar is 'n heerlike stemming in die gedeelde areas, maar wat die ervaring werklik besonders maak, is die teenwoordigheid van 'n eie, privaat arendsnes.
Hierdie pragtige skip word geken aan buitengewoon ruim binnenshuise en buite-ruimtes, en aan die ongeëwenaarde hoeveelheid ervarings wat gaste kan geniet. Die hoof-ingangsportaal se drie-vlak-waterval en klavier bring gaste in die regte stemming met die belofte van 'n elegante skeepvaart. Die glansryke kuierplek rondom die swembad bied oorgenoeg geleentheid vir sonbaai, terwyl 'n reeks venues aan boord die allerheerlikste aktiwiteite bied.
In die Crystal Lounge kan daar op die maat van 'n orkes gedans word, in die Havana Club se sitkamer kan die mees eksotiese sigare geniet word, die Sanremo Casino is waar daar gedobbel kan word, en dan is daar ook vertonings in die asemrowende Teatro la Scala. Laasgenoemde bied genoeg sitplek dat jy verseker 'n vertoning of twee tydens jou vaart sal kan bywoon.
Twee elegante kroeë bied 12 maniere om te kuier oor 'n glas wyn of skemerkelkie, terwyl 'n wye keuse van restaurante iets vir elke smaak bied. Of dit nou haute cuisine, buffet-styl of soesji is, jy sal dit aan boord van die MSC Musica vind.
Kinders en tieners bly ook nie agterweë nie. Daar is 'n verskeidenheid vermaak vir albei groepe op die MSC Musica, waaronder hul eie swembad en 'n afsonderlike klub vir kinders en tieners om te verseker hulle kry ook die kans om nuwe vriende te maak.
'n Plesiervaart is 'n uitstekende manier om fantastiese herinneringe te skep, maar dit is baie belangrik dat jy 'n boot kies wat die beste kombinasie van ervarings bied. Dit is hier waar die MSC Musica uitblink. Nie net is daar 'n fenomenale wye keuse van aktiwiteite en venues aan boord nie, maar gaste se privaatheid word ook deeglik in ag geneem. Dit is hier waar die beste herinneringe gemaak word.
Moenie die ongelooflike promosie mis nie!
MSC Cruises bied nou die beste waarde vir geld met eksklusiewe aanbiedinge op van hul drienag- en viernag-vaarte, van November 2024 tot Maart 2025. Die huidige Spring Madness-promosie bied aan gaste die kans om een kaartjie te koop en 80%-afslag op 'n tweede kaartjie te kry.
Dit beteken jy en jou geliefde kan internasionale kosse en wêreldklas-vermaak geniet en nuwe, kosbare herinneringe saam skep teen die beste moontlike prys.
Kies tussen 'n prentjiemooi reis na die bekoorlike Portugese Eilande of die ewe pragtige Pomene-eiland.
MSC Cruises sien daarna uit om jou terug te verwelkom as jy reeds 'n reis aan boord van dié elegante dame geniet het. En indien nie, waarvoor wag jy?
Vir meer inligting en om te bespreek, gaan na msccruises.co.za.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.
















