In hierdie hartroerende storie van 13 episodes herontdek karakters weer wat werklik belangrik is op 'n onbeplande, ingewing-van-die-oomblik reis van die Kaap na die Weskus. Die rolverdeling is omtrent sterbelaai, dis eg Suid-Afrikaans en bring lof aan die tipiese landskap van hierdie streek van die land. Dit sal jou laat lag, huil en nostalgies maak.
Bekendes
Die reeks volg die storie van ou vriende Hennie, Renske, Gert en Marshall wat almal in Renske se kar spring met Hennie se verslete karavaan agteraan gehaak, om Vredendal toe te reis. Kurt Engelhof wie die rol van Hennie vertolk, 'n wewenaar wat 'n eenvoudige, stil lewe wil hê sonder finansiële probleme.
Albert Maritz wat die rol van Gert Marais vertolk, het 'n beroerte oorleef en woon in 'n versorgingseenheid. Elsabe Daneel wie as Renske Minnaar te sien is, is 'n kunstige, eksentrieke, lewenslustige, effens vreemde maar empatiese weduwee wat mal is oor mense en haar eie reëls volg.
Ivan Abrahams, wat die rol van Marshall Jones vertolk, is 'n wewenaar wat desperaat klou aan die herinnering van sy oorlede vrou en eintlik uitsien na die dood.
Denver Vraagom wie as Pretty Boy te sien is, is 'n alleenlopende Karaoke-koning wat vir niks verantwoordelikheid wil neem nie en vasklou aan sy voorheen mooi voorkoms.
Saam konfronteer hulle verskeie uitdagings en heroorweeg hul siening van die wêreld en wat dit beteken om grasieus oud te word.
Wen
Verdiep jouself in dié reeks wat elke Dinsdag om 19:30 op SABC 2 wys, antwoord die maklik vraag hier onder en jy wen dalk een van vyf blinknuwe gasstowe en -bottels.











