
Neem deel aan hierdie kompetisie en help om loopbaangeleenthede vir Suid-Afrikaanse leerders te skep deur opvoeding toegankliker te maak. Deur 'n kaartjie van net R100 te koop kan jy belê in 'n suksesvolle toekoms vir ons land. Jy kan boonop 'n kans staan om die fantastiese, splinternuwe 2022 Ford EcoSport Titanium te wen! Hoe meer kaartjies jy koop, hoe groter is jou kans om te wen en hoe groter jou bydrae tot beter geleenthede vir Suid-Afrikaanse leerders.
Die geld wat ingesamel word deur hierdie kompetisie gaan na Thuma Mina Teaching (TMT). Die fondse sal hulle in staat stel om meer videolesse te skep wat gratis aan leerders beskikbaar gestel word. Die lesse verryk en ondersteun die onderwysstelsel met interessante lesse en leermateriaal.
Wat jy kan wen
Action Ford gee die nuutste 2022 Ford EcoSport Titanium weg, met 'n instandhoudingsplan van vier jaar of 60 000 km wat alles behalwe bande en brandstof insluit!
Lees meer oor die vrygewige borg, Action Ford, en die ongelooflike kar by Action Ford Group.
Wie is Thuma Mina Teaching?
Thuma Mina Teaching (TMT) is 'n geregistreerde organisasie sonder winsbejag wat op 'n sending is om gehalte opvoedkundige materiaal te skep wat beskikbaar is aan alle leerders, veral dié in minderbevoorregte gemeenskappe. Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel is vol uitdagings, en 'n groot persentasie kinders voltooi nooit skool nie, wat nog te sê kwalifiseer vir tersiêre studie.
Uit die statistieke is die krisis baie duidelik - uit honderd kinders wat met gr.1 begin, sal slegs ses kinders 'n tersiêre kwalifikasie behaal. Die probleme in die onderrigstelsel is vererger deur die pandemie, met 'n onlangse studie wat aandui ons sal nog die impak van die pandemie tot en met die matriekuitslae van 2031 voel (Gustafsson 2021).
Thuma Mina Teaching het die wekroep vir gesamentlike optrede beantwoord. Hulle skep aangrypende en interessante videolesse wat fokus op die nasionale skoolkurrikulum en het 'n een-klik-benadering om dit vir leerders maklik te maak om die inligting te kry.
Die gewildste platforms is YouTube en Facebook, maar hul lesse word ook op nasionale televisie uitgesaai en is beskikbaar op hul webblad.
Al die lesse is 100% gratis, dinamies en kort om te verseker dit hou die leerders se aandag.
Die programme hoop om leerders aktief te betrek by die leerproses in die seniorfase - van gr. 7 tot gr. 9 - en om op dié manier 'n laer uitvalkoers te bewerkstellig. Die videolesse word gekombineer met self-assesserings en leermateriaal, sowel as leerwerk wat deur middel van speletjies ingeneem word. Met net een klik kry leerders sommer toegang tot 'n hoop inligting in verskillende vorms.
Kortom, dit dien as 'n nuttige, aanpasbare bron wat nasorgsentrums versterk, dis 'n hulpmiddel vir onderwysers, asook 'n selfaangedrewe leerinstrument vir leerders by die huis.
Hoe maak TMT 'n impak op die samelewing?
- Hul hulpbronne dien as 'n self-aangedrewe leerinstrument vir leerders.
- Dit verbreed onderwysers se kennis en stel hulle bloot aan innoverende onderwystegnieke.
- Skole gebruik dit as 'n bron in die klaskamer.
- Die materiaal word beskikbaar gestel aan nasorgsentrums om hul programme te verryk.
Hoe om in te skryf
Koop teen R100 'n kaartjie op die TMT-webwerf om in te skryf. Skryf soveel keer in as wat jy wil! Elke inskrywing help om 'n beter leerervaring aan Suid-Afrikaanse leerders beskikbaar te stel en maak jou deel van die verandering wat jy graag in Suid-Afrika wil sien.
Bepalings en voorwaardes geld. Meer inligting is beskikbaar op die TMT-webwerf.
Nuttige skakels:
- Besoek die TMT-webblad by T.M Teaching
- Gaan kyk na hul YouTube-kanaal T.M Teaching
- Teken gratis in op hul kanaal T.M Teaching
- Skryf in vir die Ford-kompetisie T.M Teaching win a Ford
Huisgenoot QR Ford-kompetisie:











