Promosie

Wen ’n luuksegeskenkpak van E45!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf.
Foto: Verskaf.

Die droë wintermaande kan ons vel verniel, veral ons gesig wat aan die ergste koue blootgestel word. Om ons sensitiewe vel te vertroetel en gesond te hou, moet ons dit ekstra goed versorg. Dís waarmee E45 se nuwe reeks gesigsorgprodukte help - 'n ware lewensredder!

E45 se vyf nuwe produkte is spesiaal ontwikkel om in al jou gesigsorgbehoeftes te voorsien, van reiniging en bevogtiging tot beskerming en selfs lipsorg.

Om die onlangse bekendstelling van hul gesigsorgreeks te vier, gee E45 vyf luuksegeskenkpakke ter waarde van R2 000 elk weg. Hierdie geskenkpakke bevat alles wat jy vir 'n volledige velsorgroetine nodig het, perfek vir 'n droë, sensitiewe vel asook 'n vel wat tot ekseem geneig is.

Wat in elke geskenkpak is:

  • 'n Pragtige plaaslik vervaardigde toiletsak van egte leer met genoeg spasie vir al jou velsorg roetine produkte.
  • E45 se beskermende gesigbevogtiger vir die dag (50 ml). Streel en beskerm jou vel elke dag met hierdie ligte vogroom met SPF 30, UVA/UVB-filters en drie versagmiddels bevat.
  • E45 se nagroom vir die gesig (50 ml). Laat jou vel oornag jonger lyk met hierdie intensiewe room wat ryk is aan antioksidante, geformuleer met vyf voedende olies.
  • E45 se bevogtigingserum vir die gesig (30 ml). Ervaar 'n bevogtingversterking binne 48 uur met hierdie sagte, olievrye serum wat die vel 55% vogtiger laat.
  • E45 se skuimreiniger vir die gesig (150 ml). Reinig jou vel sagkens sonder om dit van sy natuurlike vog te stroop, wat dit sag, vogtig en gevoed laat.
  • E45 se balsem vir lippe en droë vel (30 ml). Hierdie veelsydige balsem is perfek vir gebarste lippe en droë kolle op die vel en gemaak van gesuiwerde lanolien, vitamien E en byewas vir intensiewe bevogtiging en sagtheid.

E45 se nuwe reeks gesigsorgprodute is by onafhanklike apteke en uitgesoekte Clicks- en Dis-Chem-winkels beskikbaar. Die reeks is ook by Takealot beskikbaar. Besoek E45 en sluit aan by die gesprekke op Facebook, YouTube en Instagram vir meer inligting.

Moenie hierdie kans misloop om jou velsorgroetine met die nuwe reeks E45-produkte vir gesigsorg te verbeter nie. Om in te skryf, beantwoord net die vraag hieronder en vul jou besonderhede in:

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM