In die Jan Marais Park en die Spier Amfiteater fees jy onder die sterre; die Stadsaal bied ouwêreldse swier en kontemporêre klanke; in die Weltevreden Teaterrestaurant is die atmosfeer intiem en die kos lekker; in Amazink kry jy township-gasvryheid en koue bier en in die Visuele Kunste Vierkant, waar feeskunstenaars graag tot laat kuier, loop die jazz. En dis alles deel van die Sanlam Musiekfees by die US Woordfees.

Jazz in the Quad
Die vierkant agter die Visuele Kunste-gebouis nie net 'n lekker ontspanne musiekfees-venue nie - dis dié plek om van vroegtot laat te kuier en gesien te word.
Bedags gaan daar diskoers, musiek en stand-up wees en saans, soos verledejaar, vuurwarm jazz.
Een van die hoogtepunte is die Steve Newman Trio. Newmanis sinoniem met wêreldmusiek en was deel van Tananas en Mondeta, onder anderesaam met Gito Baloi.
En hy speel steeds akoestiese kitaar saam met die mannevan The Aquarian Quartet. Praat van royalty!
Nog voorste jazzmusikante is op diespeellys - Kyle Sheperd, Ramon Alexander en Schalk Joubert en verskeie ander. ToastCoetzer se The Buckfever Underground en Die Wasgoedlyn gaan ook kom uithang.
3 - 9 Maart | Elke aand van 18:30 tot laat | Kaartjies wissel van R20 tot R100

Joshua na die Reën: Someraarde

JNDRhet sy tande geslyp deur met kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld en Jak dePriester te werk voordat hy in 2014 op die toneel verskyn het.
En om te wys hyis ernstig, wen hy sommer twéé Ghoema-toekennings in daardie jaar - vir bestenuweling en beste Afrikaanse kontemporêre album.
Hy verduidelik sy vreemdeverhoognaam (sy regte naam is Jacques de Villiers) as tekenend van sy groot liefdevir die natuur en die temas van eerlikheid en hoop, wat hy gedurig in sy musiekondersoek. Kom luister na liedjies van sy nuwe album, Someraarde, saam met die treffers wat hom 'n ster gemaak het.
6 Maart 20:30 | 7 Maart 11:00 | 60 min | Stadsaal | R100 - R150 | R170by die deur
Kortpad/Langpad

Asjy hou van Afrikaanse musiek met 'n bietjie diepte, is hierdie die konsert virjou.
Met name soos Koos Kombuis, Herman Kleinhans, Bottomless Coffee en Johrnévan Huyssteen beloof dit om 'n ervaring te wees.
Almal ken vir Koos Kombuis as 'naweregse sanger wat soms skoorsoek met die establishment, en ander kere diemooiste liefdesliedjies kan sing.
Saam met hom val nuwe stemme in soos HermanKleinhans, en Lourens en Esté Rabe van Bottomless Coffee. Koos, wat al lank diepad stap, word nou vergesel met nuwe, jong talente - kortpad-reisigers wat regis om die langpad aan te durf.
3 Maart 16:00 & 19:00 | 60 min | Stadsaal | R100 - R150 | R170 bydie deur

Musiekpiekniek by JanMarais
Nóg'n lekker plek om uit te hang is by die Jan Marais Park. Tussen die fynbos ennatuur is daar nie 'n meer ontspanne plek om na jou gunsteling-musikante teluister nie. Dis ook gerieflik in die dorp geleë en maklik bereikbaar te voet.
Op4 Maart open Theuns Jordaan die verhoog en die volgende aand gaan BombshelterBeast hoog opskop om konsertgangers op hul voete en aan die dans te kry. Vandathierdie gewilde groep die eerste keer in 2016 by die US Woordfees opgetree het,kan Stellenbossers en ander feesgangers net nie genoeg kry van dié eklektiese,vrolike musiekbrousel nie.
Ander kunstenaars wat deur die loop van die fees hulbeurt op die verhoog gaan kry, sluit in Appel saam met Elandré Schwartz,GoodLuck, Early B, Desmond & The Tutus saam met Jackal & The Wind, enThe Soil.
https://online.computicket.com/web/events/search/Venue:Jan_Marais_Natuurreservaat
* BESOEK US WOORDFEES-WEBTUISTEVIR NOG INLIGTINGhttps://online.computicket.com/web/events/search/Venue:Jan_Marais_Natuurreservaat













