Begroting

Brandstofheffings vir 3de jaar onveranderd

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Fuel pumping out from a gasoline pump
Fuel pumping out from a gasoline pump

Anders as wat ontleders voorspel het, is die heffings op brandstofpryse vir die derde agtereenvolgende jaar onveranderd gelaat.

Die belastingverligting wat dit impliseer, kom op sowat R4 miljard neer, volgens die tesourie.

Die algemene brandstofheffing bly dus onveranderd op R3,85 per liter en die Padongelukfondsheffing bly op R2,18.

Die brandstofheffing op diesel bly op R3,70 per liter.

Dit is ook maar goed en wel, want daar is steeds skerp opwaartse druk op brandstofpryse weens stygende oliepryse in reaksie op internasionale geopolitieke woelinge, asook die verswakkende rand. Die jongste syfers wys 'n onderverhaling van meer as R1,27 per liter op petrol en meer as R1,43 per liter op diesel, wat kan beteken brandstofpryse kan in Maart met daardie omvang styg. As die brandstofheffings verhoog sou word, sou dit in April by die pomppryse gevoeg gewees het.

Wat wel verhoog in die brandstofprysstruktuur, is die koolstofbelasting van 10c per liter op petrol wat tot 11c verhoog gaan word in April. Die koolstofbelasting op diesel gaan van 11c tot 14c per liter verhoog word. Dit sal op 3 April in werking tree.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM