Begroting

Duncan Pieterse is tesourie se nuwe DG

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Duncan Pieterse  Foto: Jaco Marais
Dr. Duncan Pieterse Foto: Jaco Marais

Ná langer as 'n jaar is daar eindelik 'n nuwe direkteur-generaal (DG) vir die nasionale tesourie aangestel.

Dr. Duncan Pieterse, hoof van bate-en-lastebestuur by die tesourie, is Donderdag deur die kabinet as die nuwe direkteur-generaal aangewys.

Hy was een van die voorkeurkandidate vir die pos.

Dondo Mogajane het op 7 Junie verlede jaar, ná 23 jaar by die tesourie, afgetree en die pos van direkteur-generaal was sedertdien vakant. Ismail Momoniat het in die pos waargeneem, maar dit was welbekend dat hy naby aftrede is.

Pieterse het onlangs 'n sleutelrol gespeel in die tesourie se besluit om van Eskom se skuld oor te neem.

Ander aanstellings deur die kabinet:

• Thathakahle Nonkqubela Jordan-Dyani as direkteur-generaal (DG) van die departement van kommunikasie en digitale tegnologie; en

• Qinisile Precious Delwa en Mosa Keneilwe Makhele as adjunk-direkteurs-generaal van die departement van kleinsakeontwikkeling.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM