In die feestyd hou Van Rensburgs verskeie veilings aan die Suid-Kaapse kus, met drie Tuinroete-eiendomme op die blok.
- Op 20 Desember is daar 'n herehuis met onder meer ses slaapkamers, ses badkamers en see-uitsigte van die tweede ry huise van die strand. Die woning is in die gesogte Bayview-woonbuurt van Hartenbos geleë.
- 'n Besonderse plattelandse kleinhoewe in Glentana word ook op 20 Desember opgeveil. Dit is verbeter met vier wooneenhede en gevestigde infrastruktuur wat veelsydige gebruik en inkomste aan die nuwe eienaar bied. Die eiendom, wat puik in stand gehou word, is ongeveer 5 km van die Glentana-strand geleë en kyk uit oor die see.
- Op 27 Desember is daar 'n moderne vierslaapkamerwoning wat binne 50 treë van die strand geleë is in die uiters gesogte Pienaarstrand, tussen Glentana en Groot-Brakrivier.
Al drie veilings vind by die verskeie persele plaas, met webuitsending-geriewe vir aanlyn deelname.
- Besonderhede is beskikbaar op die webwerf vanrensburgsauctions.co.za en verdere navrae kan gerig word aan Daniel van Schalkwyk, die afslaer, by 083 255 4245 of Wiidke Burger by 083 377 7390.
















