Die verbod op die verkoop van onder meer daggakoekies is Dinsdagaand teruggetrek nadat dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, met pres. Cyril Ramaphosa vergader het.
Terwyl Ramaphosa nuwe regulasies ondersteun om gesondheidsrisiko's en die negatiewe impak van dagga en hennepprodukte op veral minderjariges te beperk, beklemtoon hy die noodsaak van meer konsultasie met belanghebbendes en openbare deelname.
So sê Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, in 'n mediaverklaring.
Motsoaledi het op 7 Maart in die Staatskoerant die aangepaste Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels gepubliseer wat dagga en hennep in kosprodukte verbied. Die verbod het gegeld vir die verkoop, invoer en vervaardiging van voedingsmiddels wat enige deel van die plant of komponent bevat wat afkomstig is van die genus Cannabis sativa, Cannabis indica en Cannabis ruderalis. Hennep, hennepsaadolie en hennepsaadmeel was op die lys van verbode produkte.
Volgens Magwenya is Motsoaledi bekommerd oor ongereguleerde ingevoerde voedsel wat hennep en dagga bevat wat die Suid-Afrikaanse mark oorheers.
Sleg vir ekonomie
Die verbod het kommer by politici en belanghebbendes gewek aangesien dit die landbou-ekonomie kan benadeel en daar onvoldoende openbare konsultasie was om insette van die sake- en gesondheidsbedrywe te verkry.
Die Kannabis-handelsvereniging vir Afrika (Cannabis Trade Association Africa), tesame met ander belanghebbendes, het selfs gedreig om hof toe te gaan.
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het Donderdag gesê die kriminalisering van die verkope van kosprodukte wat dagga en hennep bevat, is nie net 'n bedreiging vir werkgeleenthede nie, maar 'n "direkte aanslag op ekonomiese groei en werkskepping".
Volgens Meyer wys die nasionale regering se eie ramings dat die bedryf in Suid-Afrika moontlik R28 miljard tot die ekonomie kan bydra en 10 000 tot 25 000 werkgeleenthede kan skep.
LEES OOK | Verbod op dagga in kos laat bedryf hoog en droog
Meyer is dankbaar dat die openbaredeelnameproses nou kan plaasvind, wat tot die ontwikkeling van beleide en reëls kan bydra wat die dagga- en hennepbedryf se potensiaal vir werkskepping, openbare gesondheid en ekonomiese groei ondersteun.
"Een van die doelwitte van die regering van nasionale eenheid (RNE) is inklusiewe groei. Ons moet dus werksgeleenthede beskerm en die waardeketting ondersteun."
Vanessa Jarvis-Findlay, stigter van Neked, die eerstedagga-kafee in Suid-Afrika, sê dis 'n stap in die regte regting om progressiewecannabis-regulasies te formuleer.
Sy sê dit is veral belangrik in 'n land waar tradisionele eninheemse genesing van die plant gebruik maak.
"Hennep- en daggavoedselprodukte hou nie dieselfdegesondheidsrisiko's in as alkohol, tabak of voedsel wat baie verwerk is nie -en dít is vryelik in supermarkte beskikbaar.
"Ons kan nie toelaat dat korporatiewe invloed, buitelandsehandelsdruk of verouderde narratiewe die toekoms van dagga in Suid-Afrikabepaal nie."
- stefani.terblanche@media24.com




















