Ekonomie

Rand trek (vir eers) skouers op oor Trump-tariewe

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Suid-Afrikaanse markte het Dinsdag teen 10:00 nog geen tekens van paniek getoon weens die 30%-invoertarief wat die VSA op die land ingestel het nie.

Die rand het om die waarheid te sê met tot 12c teen die dollar versterk tot selfs R17,72 vergeleke met Maandag se sluitingstydprys van R17,84.

Dit bly egter swakker as die R17,50 en R17,59 waarop die wisselkoers Donderdag en Vrydag gesluit het. Van Donderdag tot Dinsdagoggend het die rand dus met 1,2% verswak.

Die invoertarief word op 1 Augustus van krag, tensy 'n alternatiewe handelsooreenkoms beding kan word.

LEES OOK | ‘Regering het die land gefaal' - Solidariteit oor Trump se 30%-tarief

Die JSE se indeks van alle aandele het teen 10:00 'n skrale 0,6% hoër op 97 423 indekspunte gestaan.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM