Pres. Donald Trump is in Januarie as president van die VSA ingehuldig en kort daarna het hy invoertariewe begin instel.
Op 2 April het Trump op wat hy "Bevrydingsdag" gedoop het hoë nuwe invoertariewe aangekondig wat hy "wederkerige tariewe" noem. Die idee daaragter is om die VSA se handelstekort (hoeveel meer die VSA in- as uitvoer) met individuele lande uit te wis. Die doelwit is klaarblyklik ook om plaaslike produkte goedkoper te maak relatief tot ingevoerde produkte en só werkskepping in die Amerika aan te moedig.
Suid-Afrika is nie gespaar nie en het 'n tarief van 30% gekry. Die tariewe is toe vir meer as 90 dae opgeskort, waartydens lande en streke geskarrel het om 'n handelsooreenkoms met laer tariewe te beding - helaas het die meeste lande nog nie daarin geslaag nie.
Die tariewe tree op 1 Augustus in werking.
Hier is 'n tydlyn van die tariefdrama.
- stefani.terblanche@media24.com





















