Energie

Eskom: ‘Chroniese beurtkrag’ is iets van die verlede

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie. Foto: Deon Raath
Foto ter illustrasie. Foto: Deon Raath

Beurtkrag gaan voortaan slegs onder "uiterste en buitengewone omstandighede" toegepas word.

Dis danksy volgehoue verbeteringe by Eskom se kragstasies.

Volgens Dan Marokane, uitvoerende hoof van Eskom, bly die verbetering in sy steenkoolkragstasies se energiebeskikbaarheidsfaktor (EBF) konsekwent op 'n opwaartse koers.

Vir die maand tot op hede staan die EBF op 67% en daar is volgens Marokane geen aanduiding dat dit onvolhoubaar is nie.

"Beurtkrag teen die chroniese vlakke van voorheen is inderdaad nou agter die rug," het Marokane op Eskom se amptelike voorlegging van sy jaarlikse somerplan gesê.

Meer inligting volg.

Dan Marokane, uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Elizabeth Sejake
Dan Marokane, uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Elizabeth Sejake
William Horne

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM