Energie

Nog ’n week skop sonder beurtkrag af

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Duduzile Moyo word van tenderbedrog by Eskom verdink. Foto: William Horne
Duduzile Moyo word van tenderbedrog by Eskom verdink. Foto: William Horne

Beurtkrag sal opgeskort bly tot verdere kennisgewing, volgens Eskom.

Dié besluit kom ná 25 opeenvolgende dae van geen beurtkrag.

Dit is dus die vierde agtereenvolgende week wat sonder beurtkrag begin.

Die opskorting van beurtkrag word toegeskryf aan die volgehoue opwekkingsvermoë en voldoende noodreserwes. Onbeplande onderbrekings staan tans op 13 566 MW, terwyl beplande instandhouding tot 5 507 MW verminder is. Altesaam 2 660 MW se vermoë gaan volgens plan teen Maandagaand weer in gebruik geneem word.

Die vraag tydens spitskraggebruik Sondagaand word op 26 434 MW geraam.

Eskom sal volgende Vrydagmiddag weer 'n kennisgewing uitreik of, indien nodig, sal 'n verandering dadelik gekommunikeer word.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM