Energie

Snap Eskom se data oor krag makliker op nuwe webwerf

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Reuters
Foto: Reuters

Mens kan Suid-Afrikaners amper nie kwalik neem vir hul universele onbewustheid van die omvattende data wat Eskom oor die hele kragnetwerk beskikbaar stel nie - aangesien dit haas onontsyferbaar is.

Maar danksy Gareth Dwyer, 'n Suid-Afrikaanse sagteware-ingenieur wat in Europa woon, is die reuse-hoeveelheid data wat op Eskom se openbare dataportaal beskikbaar is, en wat hoogs ingewikkeld visueel uitgebeeld word, nou gratis in 'n baie eenvoudige reeks grafika oorgedoen.

Die webwerf wat Dwyer geskep het, unofficialeskom.com, is sy poging om die publiek in staat te stel om behoorlik Eskom se data te kan bestudeer en verstaan.

"Die amptelike data word dikwels sleg aangebied of is moeilik om te vind," skryf Dwyer.

"(My portaal) is 'n nieamptelike webwerf wat die nuttigste inligting versamel en dit makliker maak om te vind, mooier maak om na te kyk en oor die algemeen die data net meer toeganklik maak."

LEES OOK: 5 redes vir die beurtkrag-blaaskans: Wat gaan aan?

Dwyer se portaal vul ook die data van Eskom se portaal aan met statistieke van ander bronne wat oor talle ander verslae, dokumente en publikasies strek.

In Eskom se jaarverslae, byvoorbeeld, word kernbelangrike statistieke gepubliseer wat op geen ander plek te vinde is nie.

Daarbenewens laai Eskom soms daaglikse statistieke oor sy opwekking op X.

Die onafhanklike Eskom Se Push (ESP)-app versamel ook beurtkrag-statistieke wat deurslaggewende insigte en konteks oor amptelike opwekkingstatistieke verskaf.

Dwyer het al dié bronne aan mekaar verbind om die omvattendste blik op alles verwant aan Suid-Afrika se kragnetwerk en -krisis uit te beeld.

William Horne

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM