Nhlanhla Nene, minister van finansies, het 'n nuwe adviesraad aangestel vir die GPAA, die agentskap wat die betaling van pensioene namens die staat se pensioenfonds vir staatsamptenare administreer.

Die nuwe aanstelling is vanaf 3 Julie van krag.
Die rol van die adviesraad is om die minister te adviseer oor die administrasie van pensioene, sowel as die prestasie, bestuur en bedrywighede van die GPAA.
Die raad sluit verskeie persone in met jare se ervaring in pensioenadministrasie, risikobestuur, finansiële bestuur, korporatiewe bestuur en arbeidsverhoudinge.
Die nuwe adviesraad, wat vir 'n termyn van twee jaar aangestel is, bestaan uit: Joe Lesejane, voorsitter; adv. Muvhango Lukhaimane; Maemili Ramataboe; Beerson Baboojee, verteenwoordiger van die nasionale tesourie; Tebogo Sibanyoni; en Krishen Sukdev, uitvoerende hoof van die GPAA.

















