Het jy al ooit toevallig gehoor wat ’n kollega verdien en het dit jou kwaad of skuldig laat voel? As ’n nuwe wetsontwerp steun kry, sal jou salaris nie meer ’n geheim wees nie.
Die mikpunt van die Wetsontwerp op Billike Betaling is om salarisdiskriminasie vir mense wat dieselfde werk doen, uit te skakel. Dis wel ’n wetsontwerp wat deur Build One South Africa ingedien is, dus is die kans dat dit werklik wet word, skraal.





















