Beroepe

Só lyk gemiddelde salaris in SA nou

As jy maandeliks meer as R21 432 verdien, het jy 'n bogemiddelde salaris.
As jy maandeliks meer as R21 432 verdien, het jy 'n bogemiddelde salaris.

Die gemiddelde salaris wat Suid-Afrikaners in die formele sektor verdien, het die afgelope kwartaal stewig gestyg.

As jy nou maandeliks meer as R21 432 verdien, het jy 'n bogemiddelde salaris.

Dié bedrag is die gemiddelde salaris in Mei 2019 wat die 10,172 miljoen mense in die formele sektor verdien het, volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) se kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES) vir die tweede kwartaal van 2019. Die formele sektor sluit mense uit wat in die landbou, informele sektor en private huishoudings werk.

LEES OOK: Voel jy armer ondanks hoër salaris? Jy's nie alleen

Die gemiddelde salaris van R21 432 sluit wel oortyd en bonusse in. Dis 4,9% hoër as in Mei 2018, en 2,7% hoër as in Februarie vanjaar.

Werknemers se totale bruto verdienste - wat pensioenfondsbydraes en ander werknemervoordele insluit - het op 'n jaargrondslag met 6,9% tot R699,9 miljard gestyg. Dis ook 1,7% hoër as 'n in die vorige kwartaal.

Hanlie Stadler

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM