Beroepe

Verdien jy ’n gemiddelde salaris?

Die gemiddelde bruto salaris van Suid-Afrikaners in die formele sektor was in Mei R20 176. Dit sluit bonussse en oortydbetaling in.

Die gemiddelde Suid-Afrikaanse bruto salaris (in die formele sektor) is nou  meer as R20 000 per maand. Foto: iStock
Die gemiddelde Suid-Afrikaanse bruto salaris (in die formele sektor) is nou meer as R20 000 per maand. Foto: iStock

Dié vergoeding is slegs vir maatskappye in die formele sektor, dus dié wat vir belasting op toegevoegde waarde geregistreer is.

Die gemiddelde vergoeding is 3,7% méér as 'n jaar gelede, toe die gemiddelde salaris R19 447 was. Dis ook 1,6% hoër as die gemiddelde salaris van R19 853 in Maart 2018.

Gegewe dat inflasie in Meimaand 4,4% was, beteken die syfers die gemiddelde salaristrekker boer agteruit.

In Mei 2018 het Suid-Afrikaanse maatskappye R626,830 miljard aan salarisse bestee, weens die werkverliese 0,8% minder as in Maart, maar 4,5% meer as 'n jaar gelede.

Die syfers kom uit Statistieke Suid-Afrika se indiensnemingspeiling vir die tweede kwartaal van 2018, wat Woensdag uitgereik is.

Die syfers verteenwoordig bruto salarisse, voor aftrekkings. Dit verskil aansienlik van die besteebare salarisse wat ná aftrekkings in mense se sak land. In Augustus was die gemiddelde salaris wat in bankrekenings inbetaal is R14 460, volgens BankservAfrica se indeks van besteebare salarisse, wat ook ook Woensdag uitgereik het.

Lees ook: Amptenare se verhogings lig salarisse in Augustus

https://www.netwerk24.com/Sake/Ekonomie/amptenare-se-verhogings-lig-salarisse-in-augustus-20180926

Hanlie Stadler

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM