Beroepe

Vroue wag 108 j. as dié pas voortduur

Die 740 miljoen vroue wêreldwyd wat in die informele ekonomie werk sonder enige maatskaplike beskerming of toegang tot openbare dienste, wys die gaping wat oorbrug moet word om werkende vroue te ondersteun, sê die Verenigde Nasies (VN) se kommissie oor die status van vroue.

As die stadige pas van verandering voortduur om geslagsgelykheid teweeg te bring op ekonomiese, politieke en maatskaplike gebied, sal dit 108 jaar duur om die gapings uit te wis, sê die kommissie op sy webblad.

Die kommissie haal PwC-navorsing aan dat die ekonomiese bemagtiging van vroue produktiwiteit en ekonomiese diversifisering verhoog, en inkomste-ongelykheid teëwerk.

Syfers wys as lande van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (Oeso) vroue-indiensneming opstoot - sodat 65% van vroue in diens is soos in Swede - kan dit die lande se BBP met meer as $6 000 miljard opstoot.

Die kommissie hou tans sy 63ste sessie in New York met die oog op volhoubare verandering vir vroue soos beter maatskaplike voordele (pensioen, kraamvoordele en werkloosheidsversekering), toegang tot gehalte- openbare gesondheidsorg en onderrig, en beskikbaarheid van infrastruktuur vir byvoorbeeld veilige drinkwater.

Riana de Lange

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM