Beroepe

Werk 4 dae, word vir 5 betaal - jou keuse

Onthou die maatskappy wat vroeër vanjaar getoets het of 'n vierdag-werkweek wel ... gaan werk?

Navorsing wys dat mense wat lang ure by die werk bestee se gesondheid daaronder kan ly. Foto: Pixabay
Navorsing wys dat mense wat lang ure by die werk bestee se gesondheid daaronder kan ly. Foto: Pixabay (pixabay)

Perpetual Guardian, 'n maatskappy in Auckland, Nieu-Seeland, wat trusts, testamente en boedelbeplanning behartig, het dié konsep in Maart en April getoets.

Hy het tóé reeds gesê dit was 'n reusesukses.

The Guardianberig nou dat die maatskappy die reëling 'n permanente een gaan maak.

Werkers kan egter kies of hulle vier of (glo dit of nie) steeds vyf dae per week wil werk.

Vir diegene wat die vyfdag-opsie kies, sal daar steeds vergunnings gemaak word om 'n balans tussen hul werk- en private lewe te bewerkstellig.

Lees ook: Werk 4 dae, word vir 5 betaal

Akademici het voor en tydens die toetslopie navorsing gedoen om vas te stel wat die invloed daarvan was.

Jarrod Haar, professor in mensehulpbronbestuur aan die Auckland-Universiteit vir Tegnologie, het bepaal werknemers was baie meer tevrede met hul werk- en private lewe en het boonop beter by die werk gepresteer. 24% meer werknemers het gevoel daar is 'n beter balans tussen hul werk- en private lewe.

Andrew Barnes, die stigter van die maatskappy, het met die idee vorendag gekom.

Elvira Wood

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM