Beroepe

Wie sit nou in die hoekkantoor?

Die Kommissie vir Gelyke Indiensneming sê die gebrek aan gelyke verteenwoordiging op topbestuursvlak in Suid-Afrika "voorspel niks goeds" vir toekomstige volhoubare ekonomiese groei nie.

'n Rekenmeester kan kies en keur waar hy wil werk. Foto: Pixabay
'n Rekenmeester kan kies en keur waar hy wil werk. Foto: Pixabay (pixabay)

Die ongelykhede beteken die land se indiensneming is steeds eksklusief en nie verteenwoordigend van die demografiese verspreiding van die bevolking, geslag en mense met gestremdhede nie, lui die kommissie se 2017-'18-jaarverslag, wat verlede week gepubliseer is.

Wit mense maak 67,7% van die land se topbestuurders uit, gevolg deur swart mense (14,3%), Indiërs (9,4%), bruin mense (5,1%) en buitelanders (3,4%).

Daarteenoor maak swart mense 78,5% uit van die totale ekonomies aktiewe bevolking, gevolg deur bruin mense (9,6%), wit mense (9,1%) en Indiërs (2,8%). Mans maak 54,7% van die ekonomies aktiewe bevolking uit en vroue 45,3%.

Die kommissie sê die hoë verteenwoordiging van buitelanders op elke beroepsvlak in Suid-Afrika is rede tot kommer.

Regstreekse buitelandse belegging en die feit dat die moedermaatskappye dikwels oorsee gesetel is, kan bydra tot die hoë aantal buitelanders in hoë bestuursposte.

Riana de Lange

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM