Die span van die bedryfsliggaam BerriesZA is optimisties oor die bloubessie-seisoen wat reeds in die noorde afgeskop het en binnekort in die Wes-Kaap 'n aanvang neem.
Verlede jaar het die Suid-Afrikaanse bloubessie-uitvoer 'n afname van 3 022 ton getoon teenoor die vorige jaar met 'n totaal van 21 212 ton vir die 2023-'24-seisoen.
Volgens BerriesZA lyk die oes egter baie meer belowend vir hierdie jaar (2024-'25) en die geraamde volume vir uitvoer is 25 000 ton.
Hulle het in totaal 94 produsente en 26 geaffilieerde lede.
Die markte waarheen hulle op die oomblik uitvoer is Brittanje, die Europese Unie, die Midde-Ooste en die Verre-Ooste.
"Ons is ook hoopvol dat die markte van lande soos Indië, Indonesië en China binne die volgende vyf jaar vir ons beskikbaar sal wees," deel Elzette Schutte, bedryfsbestuurder van BerriesZA.
Sy deel ook dat hulle uitsien na 'n goeie seisoen hierdie jaar en verwag dat die bloubessies van goeie gehalte sal wees.
Die vorige seisoen van 2022-'23 was veral uitdagend met logistiek om uitvoer.
"Met produksievolumes wat gaan vermeerder weens volgehoue verbetering in boerderypraktyke - tesame met die boorde wat ouer is en beter opbrengste per hektaar gaan lewer en nuwe genetika - is die gevoel dat Suid-Afrika sal kan voortgaan daarmee om homself te posisioneer as 'n plaaslike en internasionale verskaffer van topgehalte bloubessies," deel Schutte verder haar mening.
Die vorige seisoen
Buiten vir probleme by hawens met die uitvoer van vrugte was daar ook 'n afname in produksievolumes in die Suidelike Halfrond.
Suid-Afrika het veral 'n kouer en langer winter gehad wat veroorsaak het dat die seisoen later as gewoonlik was. Veranderinge in die klimaat het laer produksievolumes veroorsaak.
Daar was ook 'n tekort aan bloubessies weens die afname in produksie in Peru - een van die wêreldleiers in die uitvoer van bloubessies. Die markte waaraan Peru bloubessies verskaf, is dieselfde markte waaraan Suid-Afrika verskaf en die vraag het die prys van plaaslike bloubessies laat styg.
Die hoër pryse het vergoed vir die 2022-'23-seisoen se hoë insetkoste en die finansiële impak van uitvoer wat kwessies by die hawens in Suid-Afrika gehad het.
Geborg deur:
Agrimark

Orchard Fans

Orchard Fans, die voorste verskaffer in Suid-Afrika, spesialiseer in moderne oplossings om boorde en wingerde teen ryp te beskerm. Hul innoverende waaiers wat ryp voorkom maak gebruik van gesofistikeerde tegnologie om warmer lug oor die oppervlak van die gewasse te versprei, wat help teen rypskade. Hierdie elektroniese waaiers dek tot en met 7 ha en is aanpasbaar tot 'n verskeidenheid van omstandighede en bied geoutomatiseerde aanskakel opsies. Koste-effektief en doeltreffens, Orchard Fans verseker hoër opbrengste en beter gehalte produkte. Plaaslik ontwerp en vervaardig, hulle bied uitstaande ondersteuning en diens aan kliënte .
Besoek www.orchardfans.co.za vir meer inligting.
Berries For Africa

Berries For Africa spesialiseer in die groei en verskaffing van die grootse verskeidenheid bessie gewasse in Afrika, met tans meer as 20 verskillende tipes bessie plante soos frambose (raspberry), swartbessie, bloubessie, appelliefie (Cape gooseberry), Youngberry, bosbessie (cranberry), goji bessie, aronia bessie en kurante ondermeer. Op die oomblik word meer as 50 verskillende variëteite gegroei byvoorbeeld 12 verskillende swartbessie, 27 bloubessie, 6 framboos, 3 goji, 2 pineberry variëteite ensovoorts. Al die variëteite is 100% lisensie en tantiem vry.
Besoek www.berriesforafrica.co.za vir meer inligting.
DiPAR Systems

DiPAR Systems is 'n gevestigde maatskappy met meer as 30 jaar se ondervinding in die vrugtebedryf. Hul DataGear®-oplossing bied uitgebreide funksionaliteite wat die hele landbouwaardeketting dek, insluitend kwekerye, plase, pakhuise, koelkamers asook uitvoerders. DiPAR Systems se innoverende benadering help boere om ingeligte besluite te neem en hul bedrywighede te stroomlyn. Met omvattende databestuur en dinamiese verslagdoening, verseker DataGear® 'n meer doeltreffende, winsgewende en volhoubare toekoms vir Suid- Afrikaanse bloubessieboere.
Vir meer inligting stuur e-pos aan info@dipar.co.za of besoek hul webwerf www.dipar.co.za.
BerriesZA

Berries ZA is ‘n Suid-Afrikaanse organisasie wat sedert 2011 die plaaslike bessiebedryf verteenwoordig. Die gestruktureerde platform is geskep om gemeenskaplike bedryfskwessies aan te spreek wat tot wedersydse voordeel van ons lede strek. Ons dryf ‘n groei-strategie vir die bedryf, deur die bedryf. Sodoende bied ons ondersteuning aan ons lede, asook toegang tot internasionale teelprogramme en innoverende genetika. Ons is dapper, inklusief, onafhanklik en behep met gehalte en geur.
Vir meer inligting stuur 'n epos aan elzette@berriesza.co.za of besoek www.berriesza.co.za
AgroFresh

AgroFresh is 'n wêreldleier in oplossings vir na-oes gehalte en varsheid. Hulle is toegewy aan die verbetering van die gehalte en die verlenging van die raklewe van vars produkte, terwyl voedselverlies en vermorsing verminder word. Vanuit 'n nalatenskap van innovasie wat meer as 40 jaar terug strek, spreek AgroFresh die uitdagings van die waardeketting van vars produkte vanuit alle hoeke aan en bied 'n volledige reeks geïntegreerde stoorplek, paklyn en digitale oplossings. AgroFresh het wat nodig is om produsente, verpakkers en kleinhandelaars te bemagtig om suksesvol te wees in hul besigheid om vars, gehalte en volhoubare produkte van oes tot huis te lewer.
Om meer oor AgroFresh uit te vind, besoek www.agrofresh.com.
Nutrigro

Nutrigro is een van die grootste substraat vervaardiger in Suider-Afrika en 'n markleier in die substraat industrie. Ons as 'n maatskappy spits ons toe om 'n verskeidenheid hoë gehalte substrate en gespesialiseerde groeimediums, asook industrie spesifieke dienste vir professionele groeiers te bied. Ons produkreeks sluit in: Kokos ("Cocopeat Coir"), Veen ("Peat"), Perliet ("Perlite"), en doelgemaakte gemengde substrate. Ons voorsien die mark van die mees innoverende, wêreld gehalte substrate beskikbaar. Kekkilä-BVB en Nutrigro Substrate het saamgespan om BVB Substraat-produkte en tegniese ondersteuning na professionele groeiers in Suider-Afrika te bring. Kekkilä-BVB is een van die wêreld se vooraanstaande vervaardigers en verskaffers van groei medium vir die professionele Hortologiese industrie wêreldwyd.
Besoek www.nutrigro.co.za vir meer inligting.
Fall Creek

Oor die laaste 45 jaar het Fall Creek® bekendheid verwerf vir die produksie en verspreiding van hoë gehalte bloubessies plantmateriaal. Vandag bestuur Fall Creek® 9 kwekerye in strategiese streke regoor die wêreld, onder andere die kwekery in Paarl, Suid-Afrika. Om meer uit te vind oor Fall Creek® se hoë gehalte plantmateriaal van gevorderde variëteite kontak die nuwe Area-Verkoopsbestuurder, Barbara Botes.
Besoek www.fallcreeknursery.com vir meer inligting.
Europa smul
Waarheen word Suid-Afrikaanse bessies uitgevoer?
In die 2023-'24 seisoen was hierdie lande die grootste invoerders van ons plaaslike bloubessies.
Streke:
- Europa: 9915,57 ton
- Brittanje: 7357,06 ton
- Midde-Ooste: 2124,99 ton
- Verre-Ooste en Asië: 1480,21 ton
- Indiese Oseaan-eilande: 44,48 ton
- Russiese Federasie: 11,63 ton
- Afrika: 8,46 ton
Topvyf-lande:
- Nederland: 7683,28ton
- Brittanje: 7357,06 ton
- Verenigde Arabiese Emirate: 1302,02ton
- Spanje: 1160,82ton
- Singapoer: 797,98 ton
















