Met Pinotage-dag wat Saterdag in Suid-Afrika gevier word, moet daar beslis erkenning aan die pinotage-wenners van 2024 gegee word.
In die laaste tyd het die Pinotage-vereniging die verskillende style van pinotage-wyne gevier deur die wenners aan te wys vir die kategorieë van die 10 top- Kaapse versnitte (versnitwyne wat gemaak is met 'n inhoud van minstens 30% pinotage) en pinotage-rosé.
Hierdie drie kompetisies se uitslae wys dat pinotage, 'n eg Suid-Afrikaanse druifsoort wat op eie bodem gekweek is, nie net danksy sy veelsydigheid merkwaardig is nie, maar ook vanweë sy aanpasbaarheid in verskillende omgewings.
Vanjaar se wenners kom uit verskeie van die land se wynproduserende gebiede, waaronder Stellenbosch, Durbanville, Wellington, die Paarl, Robertson en Tulbagh.
Hieronder volg die wenners van vanjaar se kompetisies:
Pinotage se top-10
- Beeslaar Pinotage 2022; wynmaker: Abrie Beeslaar; wyn van oorsprong (WO): Stellenbosch.
- Beyerskloof Winemakers Reserve Pinotage 2022; wynmaker: Anri Truter; WO: Stellenbosch.
- Diemersdal Pinotage Reserve 2022; wynmakers: Thys Louw en Juandré Bruwer;WO: Durbanville.
- Flagstone Writer's Block Pinotage 2021; wynmaker: Gerhard Swart; WO: Swartland.
- Francois van Niekerk Pinotage 2022; wynmaker: Francois van Niekerk; WO: Kusstreek.
- Kanonkop Pinotage 2018; wynmaker: Abrie Beeslaar; WO: Simonsberg, Stellenbosch.
- Koelenhof Stellenbosch 1679 Old Vine Pinotage 2022; wynmakers: Nicholas Husselman en Handré Visagie; WO: Stellenbosch.
- Rijk's Private Cellar Pinotage 2020; wynmaker: Adriaan Jacobs; WO: Tulbagh.
- Wellington Wines La Cave Pinotage 2022; wynmaker: Daniel Slabber; WO: Wellington.
- Windmeul The Legend Collection Pinotage 2022; wynmaker: Abraham van Heerden; WO: Paarl.
Wenners van Kaapse versnit
- Bellevue Atticus Cape Blend 2022;wynmaker: Wilhelm Kritzinger; WO: Bottelary.
- Fuselage Wines Pilot & Navigator 2021; wynmaker: Danie Morkel; WO: Paarl.
- Koelenhof Koelenbosch Nineteenfortyone 2022; wynmakers: Handré Visagie en Nicholas Husselman; WO: Stellenbosch.
- Rooiberg Winery Reserve Cape Blend 2022; wynmaker: JJ Simonis; WO: Robertson.
- Daschbosch The Gift 2020; wynmaker: W.S. Visagie; WO: Breedekloof.
- Warwick Three Cape Ladies Cape Blend 2021; wynmaker: JD Pretorius; WO: Stellenbosch.
Pinotage-rosé-wenners
- Aaldering Pinotage Rosé 2024;wynmaker: Jaco Parson; WO: Stellenbosch.
- Bon Courage Lady of the House Pinotage Rosé 2024; wynmaker: Philip Viljoen; WO: Robertson.
- De Grendel Rosé 2024; wynmakers: Morgan Steyn en Charles Hopkins; WO: Kusstreek;
- Deetlefs Stonecross Pinotage Rosé 2024; wynmaker: Philip Deetlefs; WO: Wes-Kaap.
- L'Avenir Horizon Rosé de Pinotage 2024; wynmaker: Dirk Coetzee; WO: Stellenbosch.
- Painted Wolf The Den Pinotage Rosé 2024; wynmakers: Jeremy Borg en Madré van der Walt; WO: Kusstreek.




















