Landbou

Landbouwerker van Franschhoek vereer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lindie-Alet van Staden is onlangs as die Wes-Kaapse Prestige-landbouwerker vir 2024 aangewys. Van links is dr. Harry Malila, dr. Mogale Sebopetsa (die hoof van die Wes-Kaapse departement van landbou), Ivan Meyer (die Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekono
Lindie-Alet van Staden is onlangs as die Wes-Kaapse Prestige-landbouwerker vir 2024 aangewys. Van links is dr. Harry Malila, dr. Mogale Sebopetsa (die hoof van die Wes-Kaapse departement van landbou), Ivan Meyer (die Wes-Kaapse LUR vir landbou, ekono

Lindie-Alet van Staden is vroeër die maand by die Wes-Kaapse Prestige-landboupryse aangewys as die beste landbouwerker van 2024 - 'n waardige wenner volgens die departement van landbou.

Van Staden, tuin-en-olyfboordbestuurder van die wynlandgoed L'Ormarins buite Franschhoek, is deur dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, geprys vir haar leierseienskappe en vaardighede. Luidens 'n verklaring deur die departement sal sy 'n "waardevolle bydrae lewer om die bekommernisse van landbouwerkers in die provinsie te opper".

Vanjaar is 1 233 inskrywings vir die kompetisie ontvang. Die kompetisie erken die deurslaggewende rol wat landbouwerkers speel om die ekonomie te laat groei en voedselsekerheid te bevorder. Van Staden sal nou ingehuldig word as lid van die Wes-Kaapse Prestige-landbouwerkersforum. Die forum is 'n liggaam wat die Wes-Kaapse ministerie van landbou adviseer oor sake wat die lewe van landbouwerkers beïnvloed.

Deelnemers het vir 11 kategorieë ingeskryf en die ander was die volgende landbouwerkers:

  • Algemene werker: Rache­line Wilschut van Langeberg;
  • Drywer: Ernest Vilander;
  • Besproeiingspesialis: Johan­nes Engelbrecht;
  • Diereproduksie: Edward Saaiman;
  • Tegniese operateur: Magdelena­ Smit;
  • Maatskaplike ontwikkeling: Sophia de Bruin;
  • Landbouverwerking: Chris­to­pher Dreyer;
  • Administratiewe personeel: Gertruida Lourens;
  • Voorman/-vrou: Lungelo Ntamone;
  • Junior bestuur: Rozé Tailor;
  • Middelbestuur: Anitta Maqa­shalala; en
  • Beste potensiaal: Wilfred Fortuin.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM