Landbou

Ou trekkers doen hul ding

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die gesegde "Oud maar nog nie koud nie" was nog nooit so relevant soos toe die veteraan-trekkers en -ploeë onlangs op die lande losgetrek het nie.

Die Swartland Veterane-klub het op Saterdag 25 Mei 'n demonstrasie tydens hul ploeg-en-saaidag net buite Malmesbury gegee.

Danie Oosthuisen, sekretaris van die klub, sê die mense het reeds Vrydagmiddag met hul trekkers en ploeë opgedaag.

Johan Thiart op sy Massey-Harris 44.   Foto’s: VERSKAF
Johan Thiart op sy Massey-Harris 44. Foto’s: VERSKAF

"Saterdagoggend ná 'n gebed en verwelkoming deur ons voorsitter, Freddie Truter, is daar eers veiligheidspraatjie gehou.

"Om 09:00 het Johan Thiart op sy Massey-Harris 44 die aanvoorwerk begin. Die res van die 30 trekkers het gevolg."

Daarna het die Sundrill- en MF55-planters begin plant, waarna die grond gelyk gemaak is.

"Dit was 'n baie suksesvolle dag, met 280 besoekers wat ons stalletjies en uitstallers ondersteun het.

"Die dag kon ons egter nie aanbied sonder die ondersteuning van ons borge nie. Ons bedank Atlantic Fertilizer (kunsmis), Afgri, Tyremart en Kaap Agri (saad) vir hul ondersteuning," sê Oosthuisen.

Die klub het die dag afgesluit met 'n groot kuier om die braaivleisvure.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM