Tegnuus

Dié bielie van ’n tuig se groot potensiaal

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Milkor 380-hommeltuig met sy vlerkspan van 18,6 m.Foto: Milkor
Die Milkor 380-hommeltuig met sy vlerkspan van 18,6 m.Foto: Milkor

Hier is die grootste hommeltuig wat in Afrika vervaardig word - die Milkor 380.

Net meer as 'n jaar sedert die Suid-Afrikaanse verdedigingsmaatskappy Milkor se hommeltuig sy eerste toetsvlug onderneem het, is die vervaardiging volstoom aan die gang. Teen die einde van die jaar beoog Milkor om agt van dié tuie gereed te hê om te ontplooi en volgende jaar sal die vervaardigingstempo aansienlik versnel word.

Die Milkor 380 is volledig in Suid-Afrika ontwikkel vir 'n reeks militêre en siviele toepassings.

Die Milkor 380 kan verder as 4 000 kilometer vlieg met 'n uithouvermoë van 30 uur, wat dit ideaal maak vir langafstand-doeleindes, sê Daniel du Plessis, direkteur van bemarking en kommunikasie.

"Sy buigsaamheid maak dit geskik vir verskeie take, insluitend intelligensie, toesig en verkenning (ISR), maritieme patrollie en rampreaksie."

Dit kan tot op 30 000 voet vlieg en onopgemerk bly terwyl dit deurlopend intelligensie aan grondmagte verskaf.

Danksy die Milkor 380 se maksimum vrag van 220 kg, kan hy gesofistikeerde sensors en kameras dra wat verseker dat dit hoëvlak-ISR-operasies kan uitvoer. Sy veelsydigheid strek ook tot sy spoed, met 'n kruissnelheid van tussen 110-150 km/h en 'n maksimum spoed van 250 km/h, wat operateurs die nodige buigsaamheid gee, afhangende van wat die sending vereis.

Antoinette Slabbert

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM