Tegnuus

Pionier van betaaltelevisie sterf op 98 jaar

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Multichoice kyk na nuwe markte om Premium-intekenare se getalle op te maak. Foto: Unsplash
Multichoice kyk na nuwe markte om Premium-intekenare se getalle op te maak. Foto: Unsplash

Een van die pioniers van betaaltelevisie is oorlede.

Charles Dolan het Home Box Office, deesdae bekend as HBO, begin en Cablevision Systems tot een van die grootste kabeltelevisiefirmas in die VSA opgebou.

Hy is Saterdag in die ouderdom van 98 aan natuurlike oorsake oorlede.

Cablevision het die eerste 24-uur-nuuskanaal in 1986 in Long Island, New York, begin.

Teen middel 2015 het Cablevision sowat 2,6 miljoen intekenare in die groter New York gehad. 'n Nederlandse firma, Altice, het Cablevision in dié jaar vir $17,7 miljard gekoop.

Dolan het klein begin, met 'n onderneming wat sportvideo's van 15 minute lank aan televisiestasies verkoop het.

Die Dolan-familie beheer vandag verskeie ondernemings, insluitend Madison Square Garden Sports, MSG Networks, Radio City Music Hall, BBC America en AMC Networks. - Bloomberg, verkort

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM