Tegnuus

Uber vir net R18 – maar dan moet jy klou!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
In Johannesburg-Wes kan jy eersdaags dalk vir so goedkoop soos R18 ’n Uber-rit op ’n motorfiets bestel.  Foto: Getty
In Johannesburg-Wes kan jy eersdaags dalk vir so goedkoop soos R18 ’n Uber-rit op ’n motorfiets bestel. Foto: Getty

Mense gaan straks eersdaags heelwat meer motorfietse as gewoonlik in dele van Johannesburg sien en selfs binnekort dalk die geleentheid kry om as deel van 'n Uber-rit agterop te klim.

Nie net sal die nuwe diens 'n fraksie van die gewone prys kos nie, maar dit sal ook passasiers help om deur die verkeer te sny.

Die ritte se prys begin op R18 en die eerste 50 000 mense kan met 'n promosionele kode nóg verdere afslag kry.

Cassie Jaganyi, die hoof van kommunikasie by Uber Suid-Afrika, het die projek aan News24 bevestig.

"As Uber is ons doelwit om mobiliteit te verbeter, ekonomiese geleenthede te skep en by te dra tot die vermindering van die vervoertekort in Suid-Afrika," het Jaganyi gesê.

Dit is waarom hulle Uber Moto in die weste van die Johannesburgse stadskern begin toets het.

"Ons toets 'n potensiële oplossing vir die eerste-ent- en laaste-ent-ritte in areas met beperkte vervoerdienste om sodoende bestaande vervoerkeuses aan te vul."

In 'n verklaring van Uber, wat sedertdien verwyder is, noem hulle verder dat al die veiligheidskenmerke van Uber se dienste steeds met die motorfiets-diens beskikbaar sal wees.

"Daarbenewens sal alle Moto-bestuurders 'n helm vir jou hê - vir ekstra gemoedsrus."

- stefani.terblanche@media24.com

Saamgestel deur Stefani Terblanche

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM