
Terwyl ek deur Instagram scroll, kom ek af op 'n peiling wat Die Student geplaas het oor of sy volgelinge hulle sal laat inent wanneer hulle daarvoor kwalifiseer.
Ek was verstom om te sien daar was nie meer "ja"-stemme nie.
Dit is egter nie 'n geïsoleerde voorval nie. Baie mense weier wêreldwyd om die inspuiting te kry weens die verspreiding van misleidende inligting.
Om maar 'n paar te noem, sluit dit in vrese oor onvrugbaarheid, dat 'n mikroskyfie daardeur in jou "geplant" word, en die entstof se veiligheid oor die algemeen.
Hoewel hierdie vrese geldig is, is elkeen al telkemale deur geloofwaardige bronne verkeerd bewys.
Ons is menslik, en die weiering weens vrees is normaal.
Maar dit is presies vrees en die verspreiding van misleidende inligting wat toegelaat het dat die virus dodelik geword het.
Dit raak almal van ons. Ek het onlangs die geleentheid gekry om die inspuiting te kry, en ek was ook angstig daaroor.
. . . as my oupa dit kan doen, kan ek ook.
Nie noodwendig oor wat ek aanlyn gelees het nie, maar meer oor wat diegene om my te sê gehad het. Jy raak ontmoedig wanneer jou portuur met wie jy menings en waardes deel, ook die mense is wat oningeligte bewerings maak.
Ek het nietemin voortgegaan en gereken as my oupa dit kan doen, kan ek ook.
Tewens, wat 'n beter manier om die entstof te bevorder as om uit eerstehandse ervaring daaroor te praat?
Ek erken dus my voorreg en wil dit graag gebruik as 'n manier om as 'n hulpbron vir my portuur en ander op te tree.
Indien jy wonder hoekom ek nie ook soos die res van die land se jonges moet wag tot lentedag voordat ek die jab kan kry nie: Ek kon ingeënt word omdat ek by 'n skool werk terwyl ek studeer. Die skool het die registrasieproses behartig en vir ons gesê wanneer en waar om ingeënt te word.

Ek het 'n uur te vroeg opgedaag en is begroet deur die vriendelike gesigte van vrywilligers, kollegas en gesondheidswerkers.
Ek dink baie mense bly eerder weg oor die moontlike gewag by die entstofpunte. Hou in gedagte dat jou tyd nooit meer waardevol as jou gesondheid is nie.
'n Boek of 'n podsending is baie goeie manier om die tyd om te kry.
As jy soos ek bang is vir naalde, kan jy rustig wees. Dit help om jou vrees met die betrokke verpleër te deel.
Die verpleegster wat my ingeënt het, het kort voordat sy my ingespuit het, my deur 'n asemhalingsoefening gepraat terwyl sy die laaste stukkies administrasie afgehandel het.
Hoewel dit kortstondig is, is daar niks so lekker soos om die observasie-area binne te stap en die gelukkige gesigte van jou kollegas te sien nie.
En hoewel dit 'n bietjie brand en die area van jou inspuiting 'n bietjie sensitief is, is daar niks so lekker soos om die observasie-area binne te stap en die gelukkige gesigte van jou kollegas te sien nie.
Hoewel dit kort is, is die gevoel van samehorigheid en die besef dat jy beskerm word deur gevorderde medici onwerklik.
Soos verwag sal jy later naarheid, moegheid en kouekoors ervaar, maar dit duur net sowat twee dae. Dit is omdat jou liggaam nou 'n beskermingsmuur bou vir ingeval jy later die virus opdoen.
Onthou, as jy teen Covid-19 ingeënt is, beteken dit nie jy kan nie die virus opdoen nie.
Dit beskerm jou bloot daarteen om erge simptome wat tot jou dood kan lei te ontwikkel. Daarom is dit steeds belangrik om jou masker te dra en by die veiligheidsmaatreëls te hou.
As jy dink dié stappe is onnodig nadat jy ten volle ingeënt is, moet jy weer dink.
Nie net kan jy steeds die virus opdoen nie, maar ook die mense om jou wat nog nie ingeënt is nie in gevaar stel as jy wel die virus opdoen.
Die SAfm-aanbieder Ashraf Garda het dit perfek in 'n twiet opgesom: "Die entstof is soos om 'n sambreel in 'n storm te hê. Hoewel ek steeds nat kan word, is dit onwaarskynlik dat ek deurdrenk sal word."

Baie mense reken hulle is jonk en gesond en het dus nie nodig om ingeënt te word nie. En ja, ons almal wil graag glo dat ons jeug gelykstaande is aan onsterflikheid, maar navorsing toon jonger mense kan die virus maklik oordra en is meer geneig om langtermyn- Covid-19-verwante komplikasies te ervaar.
Onthou dus asseblief om te registreer en in die ry te gaan staan wanneer dit jou beurt is.
Intussen is dit belangrik dat ons as die jeug van Suid-Afrika die ouer mense inlig en bystaan op enige moontlike manier om te verseker dat hulle registreer en die inenting kry.
Ek besef nie almal het dieselfde hulpbronne nie, so as jy jou in 'n posisie bevind om ander te help, doen dit asseblief.
Ons word die heeltyd gesê dat ons eendag leiers sal moet wees, en ek dink daardie dag het aangebreek. Ons is die toekoms van ons geliefde Suid-Afrika, en ons tyd om haar te lei is hier.
Laat ons nie diegene wat vir ons regte en geleenthede geveg het, vergeet nie. Laat ons hulle bedank deur soveel moontlik ondersteuning te bied.
- Robyn Schutte studeer tans B Joernalistiek aan die Rhodes-universiteit. Sy is oorspronklik van Fouriesburg in die Vrystaat.
- Menings is rubriekskrywers se eie en weerspieël nie noodwendig die van Netwerk24 nie.
- Wonder jy waaroor studente praat? Lees meer meningstukke hier.
- Volg ons op Instagram en Facebook!
WIL JY VIR DIE STUDENT SKRYF?
Maar jy wonder hoe dit werk? Kyk hierdie video:















