Matrieks

100% vir wiskunde, 99% vir Mandaryns

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Yan Ming (Danny) Gao, wat verlede jaar aan die St. Benedict's College in Bedfordview gematrikuleer het, het onderskeidings in 11 van sy 12 vakke en 100% vir wiskunde behaal.

Hy is danksy dié akademiese prestasie as die skool se topmatrikulant aangewys.

Yan Ming (Danny) Gao Foto: Verskaf/Ross Wilson
Yan Ming (Danny) Gao Foto: Verskaf/Ross Wilson

Danny hoop om vanjaar medies of inligtingstegnologie te studeer, maar is nog onseker oor sy loopbaankeuse.

Hy is passievol daaroor om 'n verskil in die wêreld te maak en hoop om 'n loopbaan te volg wat hom sal help om dit te doen.

Sy vakke is Engels (95%), Afrikaans (90%), inligtingstegnologie (93%), lewensoriëntering (96%), lewenswetenskap (90%), wiskunde (100%), fisiese wetenskap (91%), musiek (77%), gevorderde statistiek (88%), gevorderde kalkulus (81%), gevorderde Engels (86%) en Mandaryns (99%).

Danny was die toppresteerder in musiek, Engels huistaal en gevorderde Engels. Hy het die Golden Ratio-eerbewys, 'n eerbewys vir nege onderskeidings en die Tennyson-trofee vir gevorderde Engels, Soderlund-beker vir wiskunde, St. Cecelia-trofee vir musiek en die kollege-eerbewys vir lewenswetenskap ontvang.

Hy was 'n senior swemmer van die Dragon-klub en betrokke by die Chinese ambassade, waar hy aan toesprake, sang en dans deelgeneem het.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM