Matrieks

Curro spog met sy matrieks se prestasies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Curro se matriekklas van 2022 het 'n slaagsyfer van 98,63% in die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se eindeksamen behaal.

Onder die 1 893 matrieks het nege die IEB se lys van uitstaande presteerders gehaal. Om dit te bereik moet 'n leerling onder die top-5% landwyd in ses of meer vakke wees, asook 'n graderingsvlak van sewe in lewensoriëntering kry.

Isabella Campbell van Heron Bridge College het nege A's gekry, en Natasha Honey van Curro Hazeldean en Mohamed Ismail Salejee van Heritage House elk agt. Mohamed het 99% vir wiskunde gekry.

Isabella Campbell van Heron Bridge College het nege onderskeidings gekry. Foto: Verskaf
Isabella Campbell van Heron Bridge College het nege onderskeidings gekry. Foto: Verskaf
Natasha Honey van Curro Hazeldean het agt A's gekry. Foto: Verskaf
Natasha Honey van Curro Hazeldean het agt A's gekry. Foto: Verskaf
Mohamed Ismail Salejee van Heritage House het agt A's verwerf. Foto: Verskaf
Mohamed Ismail Salejee van Heritage House het agt A's verwerf. Foto: Verskaf

Curro sê in 'n verklaring nog 12 matrieks het die IEB se lys van prysenswaardige presteerders gehaal. Hiervoor moes hulle onder die top-5% in vyf vakke wees, asook 'n graderingsvlak van sewe in lewensoriëntering behaal het.

67% van Curro se matrieks het 'n C-gemiddeld of beter behaal, met 190 wat 'n A-gemiddeld behaal het.

"Ons loof ons leerlinge wat hul talent en skerpsinnigheid met hierdie merkwaardige resultate bewys het. Dit was wonderlik om te sien hoe hulle elke geleentheid aangryp om te leer, te groei en sukses in die klaskamer te behaal. Die suiwer kaliber van hierdie leerlinge blyk duidelik uit hul resultate, en hierdie eienskappe sal hulle goed te staan kom wanneer hulle nuwe uitdagings as leiers van môre aanpak," sê Cobus Loubser, uitvoerende hoof van Curro Holdings, in 'n verklaring.

"Ons is uiters trots op ons hele klas van 2022 en wens hulle alles van die beste toe."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM