Matrieks

Lené wil haar liefde vir diere uitleef

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Dit is 'n plattelandse dorpie soos Hennenman in die Vrystaat wat haar 'n liefde vir diere gegee het en gesorg het dat sy hard gewerk het sodat sy veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria kan gaan studeer.

Só sê Lené van Wyk (18), wat 'n onderskeiding in elk van haar agt vakke in matriek aan die Hoërskool Hennenman behaal het. Haar vakke is Engelse eerste addisionele taal; Afrikaans huistaal, wiskunde, rekenaartoepassingstegnologie, rekeningkunde, fisiese wetenskap, rekeningkunde en biologie.

"Wiskunde was by verre my gunstelingvak."

Lené van Wyk (18) Foto: Verskaf
Lené van Wyk (18) Foto: Verskaf

Lené het Donderdag, nog voordat die uitslae bekend was, gesê sy hoop dat sy in ál agt vakke onderskeidings gaan kry.

Haar ouers is Danie en Lynn van Wyk.

Lené sê hoewel dit 'n aanpassing in die groot stad gaan wees, is sy ook opgewonde oor die verandering.

Sy is baie lief vir diere en het gereeld gaan kuier by 'n vriendin wat op 'n plaas buite Hennenman bly en het gereeld daar gaan perdry. Dis ook haar twee geliefde honde wat haar omgee vir viervoetiges aanvuur.

Volgens haar het sy so goed gevaar danksy die goeie onderwysers wat die Hoërskool Hoopstad bied.

"Dit is hulle wat die groot verskil gemaak het."

Cheréne van Niekerk

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM