Matrieks

Matrieks: Só pak jy laaste jaar aan

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Jou matriekjaar kan oorweldigend wees en soms is dit moeilik om kop bo water te hou. 'n Paar van verlede jaar se matrieks gee wenke oor hoe om jou studies aan te pak en kop te hou.

LP Engelbrecht (18), Hoërskool VredendalLP gaan vanjaar 'n oorbruggingsjaar neem en in 2025 BCom (rekeningkunde) studeer. "Moet nie vir jouself limiete stel nie. As jy iemand is wat 60% kry, mik vir 90%. Dit is dalk nie altyd realisties nie, maar dit is beter om vir 90% te mik en 80% te kry as om vir 70% te mik en 70% te kry. Probeer altyd jou beste om jouself te verbeter. Jy is jou grootste kompetisie. Ek het uit my vorige jare geleer presies hoeveel tyd ek kon bestee aan alles om suksesvol te wees.   " 'n Rooster het nooit vir my gewerk nie, want dit kan veroorsaak dat jy te min leer of te veel leer en uitbrand. Jy moet jouself leer ken en die dissipline hê om te weet dat dit tyd is om te studeer of kans is vir ontspan. So het ek balans behou."

Jean van der Westhuizen (18), Hoërskool DurbanvilleJean gaan vanjaar aktuariële wetenskap aan die Universiteit van Kaapstad studeer. “Ek het gevind die meeste van die leerwerk gebeur in die klas. Ek het dus seker gemaak ek woon elke klas by en om die onderwysers vrae te vra as ek iets nie behoorlik verstaan het nie. Verder het ek meeste van die tyd my huiswerk gedoen, en dan net my werk deurgegaan voor toetse. Dié strategie is eenvoudig, maar het jaar op jaar vir my sukses gebring. Hoewel daar duisende wenke daarbuite is wat jy kan toepas, kom alles eintlik net neer op harde werk en ’n goeie ingesteldheid.   “Gee dit jou alles en maak die meeste van matriek, want die laaste ding wat jy wil hê, is om oor tien jaar terug te kyk en spyt te wees oor ’n geleentheid wat jy nie ten volle benut het nie.   “Onthou ook om saam met vriende tyd te spandeer en deel te neem aan die pret, want binnekort gaan jy sien matriek is die skooljaar wat die heel vinnigste verbyvlieg.”
Jean van der Westhuizen (18), Hoërskool DurbanvilleJean gaan vanjaar aktuariële wetenskap aan die Universiteit van Kaapstad studeer. “Ek het gevind die meeste van die leerwerk gebeur in die klas. Ek het dus seker gemaak ek woon elke klas by en om die onderwysers vrae te vra as ek iets nie behoorlik verstaan het nie. Verder het ek meeste van die tyd my huiswerk gedoen, en dan net my werk deurgegaan voor toetse. Dié strategie is eenvoudig, maar het jaar op jaar vir my sukses gebring. Hoewel daar duisende wenke daarbuite is wat jy kan toepas, kom alles eintlik net neer op harde werk en ’n goeie ingesteldheid. “Gee dit jou alles en maak die meeste van matriek, want die laaste ding wat jy wil hê, is om oor tien jaar terug te kyk en spyt te wees oor ’n geleentheid wat jy nie ten volle benut het nie. “Onthou ook om saam met vriende tyd te spandeer en deel te neem aan die pret, want binnekort gaan jy sien matriek is die skooljaar wat die heel vinnigste verbyvlieg.” (SYSTEM)
Ulrich Lourens (18), Hoërskool MontanaUlrich gaan vanjaar megatroniese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch studeer."Ek het my matriekjaar soos enige ander jaar aangepak. Ek het altyd ten volle aandag gegee in die klas sodat ek soveel inligting moontlik kon inneem. Ek het ook al die ekstra klasse wat ek kon bygewoon. Daar word baie keer uitsonderings en moeiliker voorbeelde tydens hierdie klasse behandel wat vir jou 'n voorsprong in die eksamen sal gee. My raad aan die matrieks: Vra die onderwyser indien jy onseker is. Wanneer jy nie die werk verstaan nie moet jy nie op jou eie aanhou sukkel nie. Stel vir jouself doelwitte en bepaal hoeveel jy vir 'n toets of vak wil behaal. So kan jy jou vordering meet en bepaal of jy meer tyd aan 'n spesifieke vak moet spandeer.   "Moet nooit jou prestasies met ander se prestasies vergelyk nie."
Ulrich Lourens (18), Hoërskool MontanaUlrich gaan vanjaar megatroniese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch studeer."Ek het my matriekjaar soos enige ander jaar aangepak. Ek het altyd ten volle aandag gegee in die klas sodat ek soveel inligting moontlik kon inneem. Ek het ook al die ekstra klasse wat ek kon bygewoon. Daar word baie keer uitsonderings en moeiliker voorbeelde tydens hierdie klasse behandel wat vir jou 'n voorsprong in die eksamen sal gee. My raad aan die matrieks: Vra die onderwyser indien jy onseker is. Wanneer jy nie die werk verstaan nie moet jy nie op jou eie aanhou sukkel nie. Stel vir jouself doelwitte en bepaal hoeveel jy vir 'n toets of vak wil behaal. So kan jy jou vordering meet en bepaal of jy meer tyd aan 'n spesifieke vak moet spandeer. "Moet nooit jou prestasies met ander se prestasies vergelyk nie." (SYSTEM)
Jeanie du Plessis (18), Langenhoven GimnasiumJeanie gaan aptekerswese aan die Noordwes-Universiteit (NWU) in Potchefstroom studeer."Ek het vir elke vraestel vroegtydig begin opsom en deur die werk gegaan om te sien wat dit behels en wat die omvang daarvan is. Ek het ook baie ou vraestelle deur gewerk om te sien watter tipe vrae moontlik gevra kan word. Ek het seker gemaak dat ek die werk verstaan, veral fisiese wetenskappe en wiskunde. Ek het ook notas en wenke wat die onderwysers in die klas gegee het, neergeskryf in 'n boekie wat my baie vir die eindeksamen gehelp het. My raad is om deurlopend deur die jaar hard te werk.   "Doen elke dag jou deel sodat die werk nie voor die eksamen so baie en oorweldigend voel nie. Onthou om 'n balans te handhaaf. En moenie jou oefening, ontspanning en sosiale lewe afskeep nie."

Alexa Steenkamp (18), Paarl GimnasiumAlexa gaan vanjaar BCom (internasionale studies) aan die Universiteit Stellenbosch studeer."Ek moes my studiemetodes aanpas vir matriek. Daar was nie meer tyd vir werk uitstel nie, want as jy weer sien is jy agter. Ek het vroeër begin opsom en leer as wat ek voorheen sou doen.   "Ek glo egter die belangrikste is om net die groter prentjie in jou agterkop te hou. Soms kry jy nie die resultate waarvoor jy gehoop het nie, maar hou net aan om alles in te sit. Moenie te krities wees oor jouself nie.   "Jy weet waartoe jy in staat is. Moet nooit jouself vergelyk met ander nie. As jy elke dag probeer om 'n klein bietjie beter te doen sal jy uiteindelik die vrugte daarvan pluk."

Rashaan Jacobs (18) Pionierskool vir SiggestremdesRashaan gaan vanjaar LLB (Regte) aan die Universiteit “Jy moet reeds ’n goeie werksetiek hê wanneer jy in matriek kom. Om opsommings te maak van die werk is belangrik en maak ook notas van die voorbeelde wat die onderwysers vir jou tydens klas gee. Jy moet ook self die werk in sit en jy kan nie staatmaak op die onderwysers om alles vir jou te voer nie.“Probeer altyd om vooruit te lees wanneer werk behandel word en gaan doen navorsing oor daardie werk as ekstra inligting. Dit kan jou baie help om die werk vas te lê. Gaan soek ook ander vraestelle buiten die rekordeksamen en eindeksamen want dit gee daardie ekstra hupstoot en jy sal sien wat jou sterk punte is en waarmee jy nog sukkel. En probeer ook jou tyd so bestuur dat jy genoeg tyd afstaan aan jou skoolwerk asook jou sosiale lewe.”

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM