Matrieks

Nasionale matriekuitslae: Motshekga sê Donderdag

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Angie Motshekga  Foto: Verskaf
Angie Motshekga Foto: Verskaf

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, maak Donderdagaand die nasionale matriekuitslae van 2022 op 'n seremonie in die Mosaïek-kerk in Fairland, Johannesburg, bekend.

Motshekga sal die toppresteerders en hul ouers die oggend om 09:00 as deel van 'n jaarlikse tradisie met 'n gelukwensingsontbyt in die MTN-innovasiesentrum in Ferndale, Johannesburg, onthaal.

Mathanzima Mweli, direkteur-generaal van onderwys, sal die matriekuitslae om 16:00 in dié kerk ontleed en statistieke bekend maak.

Motshekga sal om 18:00 haar toespraak oor die nasionale matriekuitslae lewer en dan die top-matrieks vereer.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM