Matrieks

Nog goeie kandidate vir Matrikulant van die Jaar

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die inskrywings vir die 41ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie is reeds by die ouditeurs. Die 25 topkandidate word aangekondig sodra Mazars, borg en amptelike ouditeur, tevrede is dat die eerste ronde beoordeling regverdig was. Daarna word die 14 finaliste van dié kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad uit die top-25 aangewys. Hierdie groep leerlinge en hul ouers kom van 4 tot 6 Oktober op die Monte Bello-landgoed by Bloemfontein bymekaar vir die finale beoordeling en aanwysing van die wenner tydens 'n spogdinee die Woensdagaand.

Die wenner en ander 13 finaliste ontvang prysgeld van die borge Kovsie Alumni-trust, Mazars, Absa en Pick n Pay Preller Walk, beurse van UV Studentewerwingsdienste, asook geskenke ter waarde van R10 000. Die top-14 woon almal die eindronde- geleent­heid in Bloemfontein by. Die 11 semifinaliste ontvang prysgeld van Kovsie Alumni-trust en beurse van UV Studentewerwing.

Beurse en prysgeld word betaal met registrasie aan die UV.

Franke du Plooy, hoofmeisie van Langenhoven-Gimnasium in Oudtshoorn, was ook vanjaar die voorsitter van die verteenwoordigende raad van leerders, onderkaptein van die eerste netbalspan en 'n VCSV-kringleier haar hele hoërskoolloopbaan. Sy wil medies studeer.
Franke du Plooy, hoofmeisie van Langenhoven-Gimnasium in Oudtshoorn, was ook vanjaar die voorsitter van die verteenwoordigende raad van leerders, onderkaptein van die eerste netbalspan en 'n VCSV-kringleier haar hele hoërskoolloopbaan. Sy wil medies studeer. (SYSTEM)
Hendrik Smit is 'n prefek aan die Private Skool Walvisbaai in Namibië. Hy is ook 'n Presidentsverkenner in Die Voortrekkers.
Hendrik Smit is 'n prefek aan die Private Skool Walvisbaai in Namibië. Hy is ook 'n Presidentsverkenner in Die Voortrekkers. (SYSTEM)
Cobus Moolman, 'n prefek aan Grey Kollege (Sekondêr), is kaptein van die eerste waterpolospan en die eerste swemspan. Hy het ook die gr. 3-tjello-eksamen geslaag. Cobus, wat ook rugby speel vir die skool, wil medies studeer.

Aluve Ndlovu, onderhoofseun van Kloof High School in Durban, wil 'n dokter word. Hy is die kaptein van die skool se danssportspan en is in die redaksie van die skoolkoerant.
Aluve Ndlovu, onderhoofseun van Kloof High School in Durban, wil 'n dokter word. Hy is die kaptein van die skool se danssportspan en is in die redaksie van die skoolkoerant. (Siska Martin)
Izet Beukes, danskaptein van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, wil medies studeer. Sy blink nie net in dans uit nie, maar het ook vir die skool hokkie gespeel en was twee keer gekies vir 'n toerspan na Duitsland.

Dimpho Motsoeneng is 'n lid van die eerste debatspan en die skoolkoor van Welkom-Gimnasium. Sy is in die redaksie van die skoolkoerant en is ook 'n VCSV-kringleier. Dimpho wil rekeningkunde studeer.
Dimpho Motsoeneng is 'n lid van die eerste debatspan en die skoolkoor van Welkom-Gimnasium. Sy is in die redaksie van die skoolkoerant en is ook 'n VCSV-kringleier. Dimpho wil rekeningkunde studeer.
Lehlohonolo Molise, 'n leerling aan Welkom-Gimnasium, is 'n lid van die skool se eerste rugbyspan en is in die matriekraad. Hy wil aktuariële wetenskap studeer.
Lehlohonolo Molise, 'n leerling aan Welkom-Gimnasium, is 'n lid van die skool se eerste rugbyspan en is in die matriekraad. Hy wil aktuariële wetenskap studeer.
Christopher Holroyd, 'n prefek aan die St Patrick's CBC in Kimberley, is ook die president van die skool se skaakklub. Dié kaptein van die eerste krieketspan wil 'n dokter word.
Christopher Holroyd, 'n prefek aan die St Patrick's CBC in Kimberley, is ook die president van die skool se skaakklub. Dié kaptein van die eerste krieketspan wil 'n dokter word.
Karli Rudolph, 'n prefek aan die Private Skool Walvisbaai in Namibië, wil mediese fisika studeer. Sy geniet dit om vir die skoolkoerant te skryf en is ook gebiedsjeugleier van Die Voortrekkers.
Karli Rudolph, 'n prefek aan die Private Skool Walvisbaai in Namibië, wil mediese fisika studeer. Sy geniet dit om vir die skoolkoerant te skryf en is ook gebiedsjeugleier van Die Voortrekkers.
Dawie Botes, hoofseun van die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, wil chemie en mikrobiologie studeer. Hy is die kaptein van die eerste rugbyspan, is in die skool se debatspan en is VCSV-voorsitter van die skool.

Gerhard Ceronio, 'n VRL-lid aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, wil rekeningkunde studeer. Hy is 'n lid van die skool se eerste hokkiespan.
Gerhard Ceronio, 'n VRL-lid aan die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, wil rekeningkunde studeer. Hy is 'n lid van die skool se eerste hokkiespan.
Jana Rheeder, onderhoofmeisie van die C & N Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, wil haar as 'n fisioterapeut bekwaam. Sy speel tennis, is 'n lid van die skool se eerste netbalspan en is 'n VCSV-bestuurslid.
Jana Rheeder, onderhoofmeisie van die C & N Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, wil haar as 'n fisioterapeut bekwaam. Sy speel tennis, is 'n lid van die skool se eerste netbalspan en is 'n VCSV-bestuurslid. (SYSTEM)
Siska Martin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM