Beeld in Onderwys bied môre en Vrydag 'n lenteskool aan vir gr. 11- en gr. 12-leerlinge wat hul prestasie in wiskunde en fisiese wetenskappe wil verbeter.
Die aanlyn klasse sal volgens Elize Engelbrecht, hoof van e-Beeldskool, op eksamenvoorbereiding fokus.
Daar sal onder meer aandag geskenk word aan die interpretasie van vraestelle, ontledende denke, tydsbesteding en probleemareas.
Leerlinge wat van die geleentheid gebruik wil maak, kan nog registreer deur e-pos te stuur na skool@ebeeldskool.co.za of 'n SMS te stuur na 083 380 1800.
Meer inligting oor wat Beeld in Onderwys alles aanbied, is beskikbaar op ebeeldskool.co.za - hier kan jy meer uitvind oor alle klasse, oefenvraestelle en koerante vir klasgebruik. - Hanri Wondergem















