Matrieks

Wes-Kaapse IEB-kandidate kry skitterende uitslae

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die 1 607 Wes-Kaapse matrikulante wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se NSS-eksamens afgelê het, het ondanks 'n moeilike vyfjaarpad van onderbrekings en uitdagings, hulself uitstekend van hul taak gekwyt, sê Confidence Dikgole, uitvoerende hoof van die IEB.

Volgens Dikgole het die hele land se 15 180 IEB-kandidate van 2023 toegewydheid en vasberadenheid getoon en kan hulle trots wees op hul prestasies.

Joseph Carmody van Reddam House Constantia.
Joseph Carmody van Reddam House Constantia.

'n Algehele slaagsyfer van 98,46% is landwyd behaal, effens hoër as 2022 se 98,42%. Uit die 2023-groep het 88,59% toegang tot graadstudie behaal, vergeleke met 89,32% in 2022.

Reddam House sê hul drie skole in die Wes-Kaap, Reddam House Constantia, Reddam House Atlantic Seaboard en Reddam House Durbanville, het "uitstekend"

in die IEB se nasionale seniorsertifikaateksamens gevaar.

Reddam House sê in 'n verklaring 120 studente het 308 onderskeidings behaal.

Agt studente van Reddam House Atlantic Seaboard, drie studente van Reddam House Durbanville en 28 van Reddam House Constantia het vier of meer onderskeidings behaal. 'n Gemiddeld van 72,39% is oor die drie skole behaal.

Donna Schmidt van Reddam House Constantia.
Donna Schmidt van Reddam House Constantia.

Reddam House sê die drie skole het 'n 100%-slaagsyfer behaal en 94% van die matrikulante kwalifiseer vir graadstudie.

Joseph Carmody, 'n Reddam House Constantia-leerling, het nege onderskeidings behaal. Sy hoogste punt was 99% vir wiskunde.

Stilla O'Reilly van Reddam House Constantia.
Stilla O'Reilly van Reddam House Constantia.

Twee ander leerlinge, Stilla O'Reilly en Donna Schmidt, het agt onderskeidings behaal en Adam Allie het sewe onderskeidings behaal.

Drie studente van Reddam House Atlantic Seaboard, Simran Adriaanse, Skye Metrowich en Ciara Doyle, het ses onderskeidings gekry en twee het vyf behaal.

By Reddam House Durbanville het 94% universiteitsvrystelling gekry. Jaime Abegglen het vyf onderskeidings behaal.

Nicole Booysen van Glenwood House College.
Nicole Booysen van Glenwood House College.

Glenwood College House in George het 'n slaagsyfer van 100% behaal. Die skool het 54 matrikulante gehad wat die IEB-eksamens afgelê het en 98% van hulle het universiteitsvrystelling.

Ruan Lamprecht van Glenwood House College.
Ruan Lamprecht van Glenwood House College.

Nicole Booyens het nege onderskeidings behaal met 'n gemiddeld van 93,5%. Sy gaan vanjaar 'n graad in biomediese ingenieurswese en ingenieursmeganika aan die Johns Hopkins-Universiteit in Amerika swot.

Ruan Lamprecht het 'n gemiddeld van 93,3% behaal met agt onderskeidings. Hy gaan vanjaar sy BCom-graad in aktuariële wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch begin.

Dia Singh van St. Dominics Newcastle.
Dia Singh van St. Dominics Newcastle.

In 'n gesamentlike mediaverklaring wat al sy skole, asook die aanlyn skole insluit, sê Curro hul 2 296 matrikulante landswyd het 'n slaagsyfer van 99,15% behaal, waaronder 9,25% van die leerlinge 'n A-gemiddeld gekry het.

Curro se twee toppresterende IEB-kandidate was Dia Singh van St. Dominics Newcastle in KwaZulu-Natal en Jessica Biesman-Simons van HeronBridge College in Gauteng. Hulle het albei 'n gemiddeld van bo 90% in al agt hul vakke behaal.

Ses IEB-kandidate het 'n A-gemiddeld in al agt hul vakke behaal en 34 het 'n A-gemiddeld in al sewe hul vakke behaal.

Sebastian van der Wolf van Curro Durbanville in die Wes-Kaap en Calvin van der Merwe van Curro Bankenveld in Mpumalanga het albei 100% vir ingenieursgrafika en ontwerp behaal.

Jessica Biesman-Simons van HeronBridge College.
Jessica Biesman-Simons van HeronBridge College.

Die Somerset West Private School het weer eens 'n 100%-slaagsyfer vir die 26ste agtereenvolgende jaar behaal. Sowat 90% van hul kandidate het universiteitsvrystelling.

Huayi Wang, een van hul leerlinge, het 100% in wiskunde behaal.

Calvin van der Merwe van Curro Bankenveld.
Calvin van der Merwe van Curro Bankenveld.

Ses studente het 'n A-gemiddeld behaal en 13 het meer as 80% vir wiskunde gekry. Die graadgemiddeld was 72,1% met 42 vakonderskeidings.

Keanu Coetzer, die dux-leerling, het ses A's behaal, insluitend 98% vir wiskunde. Sy gemiddeld was 86%.

Sebastian van der Wolf van Curro Durbanville.
Sebastian van der Wolf van Curro Durbanville.

Wang het 'n gemiddeld van 85,5%, terwyl Paige Holgate 'n gemiddeld van 85,17% behaal het.

Wat studente betref wat hul uitslae vanjaar verbeter het, het Aiden Bekker sy wiskunde van 65% tot 90%, fisiese wetenskappe van 69% tot 85% en lewenswetenskappe van 63% tot 80% verbeter.

Die Somerset West Private School het al hul leerlinge gelukgewens met hul puik prestasies.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM