Die Smit-familie van die Wes-Kaap behels 'n formidabele groep neefs en niggies op die sportveld.
Agt seuns en dogters van drie Smit-gesinne is almal kranige uitblinkers op die sportveld. En al agt neefs en niggies het al minstens vanjaar provinsiale en/of nasionale kleure in hul onderskeie sportsoorte verwerf.
Nadat 'n tyd gelede berig is oor die 11-jarige Lea Smit wat puik presteer in vier sportsoorte, het dit nou aan die lig gekom dat haar twee susters, asook vyf neefs en niggies, almal ewe kranige sportlui is.
Lea van die Laerskool Eversdal se twee ouer sussies, Miné (gr. 9) en Kyla (gr. 8) in Paarl Gimnasium, was net soos Lea lede van die WP se skole-aksienetbalspan wat die WP onlangs in Edenvale by die interprovinsiale toernooi verteenwoordig het. Lea was kaptein van die WP se o. 12-span, met Miné in die geledere van die o. 15-span en Kyla in die o. 14-groep.
Behalwe hierdie drie dogters van Nico en Minette Smit van Stellenberg buite Durbanville, is Nico se broer Wiaan en sy vrou, Marieke, van Stellenbosch se twee dogters ewe kranige netbalspelers.
Miné, tans kaptein van Paarl Gimnasium se o. 15A-netbalspan, het die afgelope paar jaar telkens ook WP-kleure verwerf in tennis en netbal.
Kyla is net soos Lea ingesluit in die SA span wat in Oktober aan die internasionale aksienetbal-toernooi in Nieu-Seeland gaan deelneem. Sy is onlangs aangewys as kaptein van die Wes-Kaapse o. 14-netbalspan. Daarby het Kyla - gepaard met verskeie sporttoekennings - die WP ook al op die tennisbaan verteenwoordig.
Behalwe hierdie drie dogters van Nico en Minette Smit van Stellenberg buite Durbanville, is Nico se broer Wiaan en sy vrou, Marieke, van Stellenbosch se twee dogters ewe kranige netbalspelers.
Nico se neefs, Nic en Josh, die seuns van Wynand en Marjorie Smit in die Paarl, het ook nie agterweë gebly met prestasies op die sportveld nie en is albei muurbalspelers van formaat.
Anja (gr. 9 in Paarl Gimnasium) is onlangs vir die Wes-Kaapse o. 15-span gekies nadat sy vroeër vanjaar by die SA atletiekkampioenskap as die o. 16-hoogspring- sowel as vyfkamp-wenner gekroon is.
Anja se sussie, Nina (gr. 5 in die Laerskool Eikestad), het as lid van die Boland se o. 11-netbalspan aan 'n toernooi op Riversdal deelgeneem. Sy het ook al die Bolandspan in atletiek verteenwoordig en was al 'n lid van die Wynland-tennisspan.
Anja en Nina se broer, Nico (kaptein van die Laerskool Eikestad se o. 13A-krieket- en hokkiespan), het verlede jaar as spiesgooier die Boland se atletiekspan gehaal.
Nico se neefs, Nic en Josh, die seuns van Wynand en Marjorie Smit in die Paarl, het ook nie agterweë gebly met prestasies op die sportveld nie en is albei muurbalspelers van formaat.
Nic is al van 10-jarige ouderdom tot nou as 19-jarige die Boland se nommer-een-speler en is tans ook 'n lid van die SA o. 19-span. Daarby was hy in sy laerskooldae 'n SA stoeikampioen en het hy by geleentheid 'n streekhokkiespan van die Boland aangevoer.
Josh (gr. 10 in Paarl Gim) is van laerskooldae af pal die Boland se nommer-een-muurbalspeler in sy ouderdomsgroep en is onlangs vir die SA o. 16-muurbalspan gekies. Voorts was hy in die laerskool 'n WP- en Boland-stoeikampioen, en het al 'n bronsmedalje op die SA stoeikampioenskap ingepalm.
Gewis 'n merkwaardige groep neefs en niggies.




















