Die jaarlikse Curro Koorfees was verlede maand weer 'n reusesukses toe dié groep se skole byeengekom het om hul leerlinge se talente ten toon te stel.
Leerlinge van die Curro-skole in Brackenfell, Century City, Langebaan, Somerset-Wes, Burgundy, Mosselbaai en Durbanville het op 16 Augustus by Curro Durbanville se laerskool in verskeie genres gesing. Sowat 600 leerlinge was deel van die fees.
Om die aand mee af te sluit het al die kore saamgesing in 'n onvergeetlike ensemble.
Boonop was die koorfees te midde van Curro se 25 jaar-feesvieringe.















