MySkool

Gimmies-hoof verwelkom

Foto:
Foto:

Paarl Gimnasium spog met 'n nuwe skoolhoof.

Paul Viljoen sal vanaf 1 Januarie 2024 die leisels oorneem.

Viljoen sê dit is vir hom 'n voorreg om deel van die skool en gemeenskap te word.

"Paarl Gimnasium is 'n baken van uitnemendheid en tradisie en speel 'n kernrol in die ontwikkeling van seuns en dogters wat waardetoevoegende lands- en wêreldburgers wil word. Dit is 'n besondere voorreg. Ons dank die Here vir hierdie geleentheid.

"Die dien van leerders, personeel, ouers, oudstudente en die gemeenskap is my prioriteit en saam, glo ek, kan ons die skool tot selfs hoër hoogtes voer. Daar is iets spesiaals in elke kind en ek sien uit daarna om uit te vind wat dit is," sê Viljoen.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM