HG Junior

Huisgenoot Eisteddfod: Jy het nou nóg 'n week om in te skryf!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dis weer tyd vir Huisgenoot Eisteddfod!
Dis weer tyd vir Huisgenoot Eisteddfod!

Daar is nou ekstra tyd vir laatslapers wat nog graag aan Huisgenoot Eisteddfod wil deelneem. Inskrywings vir die aanlyn kompetisie sluit op Maandag 31 Julie om 12:00.

Hierdie spesiale projek bied vir leeders van graad 1 tot matriek die kans om aan hul vaardighede te slyp en hul talent met ons en ons beoordelaars te deel. Besoek gerus ons webblad vir die kompetisie om deel te neem.

Leerders kan deelneem in afdelings vir sang, redenaars, prosa en poësie.

Jou betaalde inskrywing gee jou toegang tot 'n meesterklas wat deur een van die beoordelaars aangebied word. Dié meesterklasse is vol praktiese wenke en nuttige raad wat leerders in hul eie video-optrede kan toepas.

Die aktrise Roeline Daneel tydens die verfilming van een van die meesterklasse. Foto: Misha Jordaan/Media24/Gallo Images
Die aktrise Roeline Daneel tydens die verfilming van een van die meesterklasse. Foto: Misha Jordaan/Media24/Gallo Images

Wat kan jy wen?

Sertifikate

Deelnemers kan 'n spesiale digitale toekenningsertifikaat ontvang wat deur die beoordelaar van die afdeling toegeken word.

Goud - Fantastiese optrede; jy is 'n kampioen!

Silwer - Goeie vertoning; jy is 'n uitblinker!

Brons - Welgedaan met jou deelname; hou aan slyp aan jou talent!

Rooi - Uitmuntend; jy is een van slegs 16 kategoriewenners - die beste van die beste!

Eisteddfod-ster van die Jaar - Topklas! Jy is vanjaar se heel grootste ster!

Deelnemers wat goud-, silwer- of bronstoekennings ontvang se name en prestasies verskyn op Huisgenoot.com. Kategoriewenners wat 'n rooi-toekenning ontvang se name verskyn op Huisgenoot.com asook ook in Huisgenoot se gedrukte tydskrif.

Pryse

Elke kategoriewenner wen R1500 geborg deur Afrikaans.com, asook 'n Bubblegum Kids-opvoedkundige tabletrekenaar.

Kategoriewenners wen ook elkeen 'n Bubblegum Kids-opvoedkundige tabletrekenaar. Foto: Verskaf
Kategoriewenners wen ook elkeen 'n Bubblegum Kids-opvoedkundige tabletrekenaar. Foto: Verskaf

Die algehele wenner van Huisgenoot Eisteddfod word deur die Huisgenoot-paneel en beoordelaars aangewys. Dié spesiale prys word toegeken aan 'n talentvolle leerder wie se optrede uitgestaan het bo al die ander inskrywings. Die Huisgenoot Eisteddfod-ster van die Jaar stap weg met R10 000 kontant, met trots geborg deur Afrikaans.com.

Besoek gerus ons webblad vir die kompetisie om meer te lees.

Kyk hier na verlede jaar se groot wenners.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM