Daar is nou ekstra tyd om deel te neem aan Huisgenoot Eisteddfod. Ja, die langnaweek wink en dit is jou laaste kans om in te skryf.
Besoek eisteddfod.huisgenoot.com om deel te neem. Daar is kontantpryse op die spel en R5000 vir die beste skoolkoor!
Leerders tussen gr. 1 en matriek kan weer in die afdelings vir prosa, poësie, sang en redenaars inskryf, maar daar is nou ook 'n dans-afdeling en 'n afdeling vir skoolkore.

Daar is lekker kontantpryse op die spel!
Deelnemers kwalifiseer vir toekenningsertifikate gegrond op meriete: goud, silwer of brons. Daar is ook kontantpryse op die spel, geborg deur Afrikaans.com.
Kategoriewenners van die afdelings prosa, poësie, sang, redenaars en dans, word bekroon met 'n gesogte rooi-sertifikaat en kan met 'n kontantprys van R1 500 wegstap. Wenners in die koor-afdelings wen R5 000 per koor. Huisgenoot se eisteddfod-ster van die jaar wen R10 000.
Deelnemers wat toekennings ontvang, kry ook erkenning in Huisgenoot of op huisgenoot.com.

Leer by van die beste vermaakkunstenaars en kenners
Die aanbieders van die meesterklasse is ook die beoordelingspaneel van Huisgenoot Eisteddfod. En vanjaar het ons twee nuwe beoordelaars wat elkeen ook hul afdeling se meesterklas aanbied: Natasha van der Merwe en Leon Starker.
In die meesterklasvideo's verduidelik elke beoordelaar waarna hulle sal kyk wanneer hulle jou optrede beoordeel. Hulle gee praktiese wenke oor hoe jy die spesifieke afdeling moet aanpak as jy so goed moontlik wil vaar - moet dit nie misloop nie.






















