Daar is sekerlik min gr. 8-leerlinge wat hulle daarop roem dat hulle 'n wêreldkampioen is, maar Mieke Carr van die Hoërskool Strand het in die vakansie by die Dans-wêreldkampioenskap in Portugal op die wennerspodium gestaan ná haar uitvoering in die afdeling junior danser-jazzsolo.
Sy het ook die derde plek ter wêreld behaal in die afdeling vertoondans-solo en het agtste geëindig in die liriese solo-afdeling.















